Grondwet laat onafhanklike kandidate toe

Namibië se oppergesag het geen probleem met ’n individu wat die land op eie stoom wil lei nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Ofskoon wetgewing voorsiening maak vir onafhanklike politieke kandidate om aan ’n verkiesing deel te neem, is kenners dit eens in die praktyk is daar moontlike struikelblokke.

Boonop, maan kundiges, is dit oneties om twee base terselfdertyd te dien.

Me. Yvonne Dausab, voorsitter van die Kommissie van Regshervorming en -ontwikkeling (LRDC), sê die grondwetlike bepalings kan as oop vir interpretasie geag word.

Sy sê die Grondwet maak die deur vir onafhanklike kandidate oop omdat die skrywers daarvan demokrasie wou beliggaam.

Kragtens Artikel 28 (4) van die Grondwet mag enige geregistreerde party ’n presidentskandidaat benoem.

Hiernaas, lui dieselfde bepaling, mag “enige persoon wat deur ’n minimum aantal geregistreerde kiesers ondersteun word, soos deur ’n parlementêre wet bepaal word, geregtig daarop wees om as (presidents)kandidaat benoem te word”.

Die Verkiesingwet bepaal dié aantal kiesers moet uit minstens 500 mense bestaan.

Dausab het die afgelope week op ’n paneel gedien wat die kwessie op Talk of the nation, ’n weeklikse paneelbespreking op NBC, onder die loep geneem het.

Die ander paneellede was dr. Charles Mubita, ’n politieke ontleder, dr. Victor Tonchi, die voormalige voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) en me. Emilia Theofelus, ’n jeugaktivis en kandidaatprokureur.

Theofelus het haar op die jeug beroep om aan vanjaar se verkiesings deel te neem.

Volgens haar is sosialemedia-aktivisme net sinvol as dit by die stembus deurgevoer word.

Dr. Panduleni Itula, ’n tandarts en lid van Swapo, het talle lede van die regerende party die josie in nadat hy gesê het hy wil vanjaar as onafhanklike kandidaat staan, maar hy weier om sy Swapo-lidmaatskap prys te gee.

Volgens berigte hou hy by sy standpunt – kom wat wil.

Veral Mubita meen dit is oneties om twee base terselfdertyd te dien.

Tonchi wou weet hoe ’n onafhanklike kandidaat stemme gaan werf en selfs al sou hy aan bewind hom, uit wie sy parlement saamgestel sou word.

Die paneellede was van mening ’n lid van ’n party, wat ook as ’n onafhanklike kandidaat wil staan, skep botsende belange.

So ’n kandidaat het binnekennis oor die party en toegang tot hulpbronne wat in sy/haar hoedanigheid as onafhanklike kandidaat uitgebuit kan word.

Mubita het gesê as iemand as onafhanklike kandidaat wil staan, beteken dit daar is ontevredenheid oor hoe sake binne die party bedryf word.

Die persoon moet in daardie geval as lid van die party bedank voor hulle hul eie ding doen, sê hy.

Baie mense hou tans asem op om te kyk hoe Swapo vir Itula voor stok gaan kry.

Mubita sê die party se grondwet maak voorsiening daarvoor om met iemand af te reken wat die party in die openbaar in die verleentheid stel.

Swapo het onlangs ook uitgevaar teen mense wat in sy kleure en embleem in die openbaar pryk nadat ander voornemende onafhanklike kandidate glo in Swapo-drag opgemerk is.

Só het me. Hilma Nicanor, Swapo se sekretaris van inligting en mobilisering, op ’n nuuskonferensie in Windhoek gesê.

Volgens haar is dit onaanvaarbaar vir sogenaamde onafhanklike kandidate om in die regerende party se kleure in die openbaar te verskyn.

Sy sê dit is net Swapo wat die lot van Namibiërs positief en tasbaar kan verander.

Dít, meen sy, vermag hulle met behulp van “besliste ontwikkelingsprogramme”.

Die regerende party se rekord spreek vanself, het Nicanor onder luide toejuiging by die party se hoofkantoor in Windhoek gesê.

Sy het ’n nuuskonferensie belê om die party se veldtog vir ’n komende tussentydse verkiesing op Ondangwa af te skop.

Dié verkiesing is meegebring nadat pres. Hage Geingob die party se raadslid vir die Ondangwa- stedelike kiesafdeling, mnr. Elia Irimari, onlangs as goewerneur van die Oshanastreek aangewys het.

Sy voorganger, mnr. Clemens Kashuupulwa, is Namibië se nuwe ambassadeur na Rusland.

Die ECN het twee weke gelede aangekondig Namibiërs gaan 27 November stembus toe om ’n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te verkies.

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.04/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0072 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.13/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 987.03/OZ DOWN -0.0213 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.35 | RUB to NAD 0.22 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1495 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.04/OZ UP +1.20% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0072 | Zinc US$ 2 961.50/T UP 0.46% | Brent Crude Oil US$ 86.13/BBP UP +1.06% | Platinum US$ 987.03/OZ DOWN -0.0213