Grondwet praat jou taal
Danksy die finansiële steun van ’n ontwikkelingsvennoot is toegang tot veral die handves van menseregte gister uitgebrei.
Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.
Alle wette in Namibië is onderhewig aan dié hoofwet.
Dít het die Regshulpsentrum (LAC) genoop om hul Know your Constitution-boekie te hersien, by te werk en vandeesweek ook in vier inheemse tale bekend te stel, sê me. Yolande Engelbrecht verbonde aan LAC se gendernavorsing- en voorspraakeenheid.
Danksy die Hanns Seidel-stigting se finansiële steun is dié boekie, wat die Grondwet in toeganklike taal uiteensit, voortaan in Afrikaans, Oshiwambo, Otjiherero en Rukwangali beskikbaar.
Die boekie begin met ’n opsomming van die Grondwet, waarná die verband tussen ’n demokrasie en regsreëls behandel word.
Die drie staatsorgane – die uitvoerende gesag, die regbank en die wetmakende liggame (die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad) – geniet aandag by wyse van ’n bondige opsomming.
Hoe ’n mens vir burgerskap in aanmerking kom, die rol van Engels as amptelike taal en die handves van menseregte word ook uiteengesit.
Engelbrecht sê wanneer befondsing weer beskikbaar word, sal die ander inheemse tale voorkeur geniet.
Know your Constitution is ook aanlyn beskikbaar.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie