Grondwetlike aanslag teen onderwysstaking
Groot vrese vir intimidasie en selfs geweld
Hoofredaksie - Die ontwrigting van landwye eksamens op ’n kritieke tydstip van die skooljaar, sal volgens die regering meer as 700 000 leerlinge se grondwetlik gewaarborgde reg op onderwys skend en hou onherstelbare skade vir die regering en land in.
In die dringende aansoek wat vanoggend in die arbeidshof sal dien, vra die regering ’n interdik wat die staking asook enige aktiwiteite om die staking te bevorder, sal verbied. Onderwysers beplan om vandag tot Donderdag landwyd te staak om ’n verhoging van agt persent af te dwing.
Indien die saak nie op meriete slaag nie, vra die regering dat ’n interdik steeds toegestaan word totdat ’n geskil wat die werkgewer verlede Maandag by die arbeidskommissaris oor die staakreëls ingedien het, uitgepluis kan word.
Volgens die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, se eedverklaring is reuse finansiële verliese boonop op die spel. Sy sê ook die staking sal dit vir die regering onmoontlik maak om sy grondwetlike pligte betreffende onderwys uit te voer.
In haar eedverklaring sê die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, slegs die vraestelle vir graad 12-eksamens kos meer as N$20 miljoen. As eksamens nie geskryf kan word nie, sal dit die ministerie bykomende skadevergoeding van N$20,7 miljoen aan die Universiteit van Cambridge se Eksamensindikaat kos.
’n Staking sal volgens die minister die gevaar van eksamenbedrog aansienlik verhoog – ’n risiko wat tot die kansellering van eksamens kan lei. As plaaslike vraestelle internasionaal uitlek, kan Cambridge sy akkreditasie van Namibië onttrek. Hertoelating sal meer as die huidige bedrag van N$26 miljoen kos.
Met graad 10-eksamens, waarvan die integriteit ook nie gewaarborg kan word nie, kan N$10,4 miljoen volgens die minister in die water beland.
Om ander toesighouers vir oorblywende eksamens aan te stel, sal volgens die minister meer as N$48 miljoen kos. Die nasien van nasionale eksamens kos meer as N$16 miljoen.
Die sluiting van byna 1 800 skole gaan volgens Hanse-Himarwa dalk die enigste uitweg wees as die staking voortgaan.
Volgens die minister is eksamens noodsaaklik om oor alle leerlinge se bevordering te besluit. “Lewens en loopbane is op die spel,” voer sy aan. Geen toesig in koshuise verteenwoordig volgens haar ’n krisis op sy eie.
Die bemiddelaar se beslissing dat stakers so ná as 500 meter van hul werkplekke kan vergader en betoog, is volgens die eerste minister irrasioneel en onredelik. Intimidering, afdreiging en selfs fisieke geweld kan volgens die regering te maklik gebeur teen diegene asook ander onderwysbeamptes wat nie wil staak nie. Volgens die regering het die polisie nie die mannekrag om landwyd behoorlik toesig te hou nie, wat risiko’s vererger.
Die eerste minister voer aan die staakreëls in huidige vorm is nie gebaseer op die beste praktyke nie. Voorts het die bemiddelaar volgens die regering glad nie in ag geneem dat dit logisties onmoontlik is om die nodige reë-lings vir die staking betyds te tref nie. Dit sluit die werwing van onbetaalde vrywilligers in om met toesig te help.
Byna 2 500 toesighouers is nodig vir nasionale graad 10- en graad 12-eindeksamen, wat reeds by meer as 1 000 sentrums begin het. Die regering eis dat minstens 30 dae se kennis van die staking nodig was. Respondente wat die aansoek teenstaan, moet volgens die regering vir die koste van die saak opdok.
Intussen het leiers van die Raad van Kerke in Namibië (CCN) Vrydag ’n noodvergadering oor die staking gehou. Volgens eerwaarde Andreas Biwa, president van die CCN, is versoek om vandag dringend met die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu) se leiers te gesels.
Afsprake is ook versoek met dr. Hage Geingob, die eerste minister en me. Katrina Hanse-Himarwa. Lidkerke is gevra om gister vir uitkoms te begin bid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie