Grondwetlike referendum uitgestel
Grondwetlike referendum uitgestel

Grondwetlike referendum uitgestel

Mali
NAMPA
Mali se regering het Woensdag gesê ‘n referendum oor grondwetlike wysigings wat vir 9 Julie beplan is, is uitgestel.
Volgens die voorgestelde wysigings sal die president se magte vergroot word en nuwe streke ingevolge ‘n ooreenkoms wat in 2015 met noordelike separatiste gesluit word, afgebaken word.
Die wysigings was die rede vir betogings in die hoofstad, Bamako, met meer betogings wat vir gister oral oor die land beplan is. Drie van die partye in die regerende koalisie het vir die uitstel van die referendum gevra.
Pres. Ibrahim Boubacar Keita het met die aankondiging van die uitstel geen redes verstrek nie en ook nie ‘n nuwe datum daarvoor bekend gemaak nie.
Mali sukkel met militante in die noorde van die land waar mededingende milisies gereeld bots en Islamitiese groepe aanvalle op burgerlikes, Malinese soldate, vredesmagte van die Verenigde Nasies en Franse magte uitvoer. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer