Grondwetskrywers hou reünie
Gondwana Collection het die oorblywende lede van die komitee wat die Grondwet saamgestel het, genooi om aan die Groot Gesprek, ’n geskiedkundige reünie van lewende Grondwetskrywers, deel te neem.
Die Groot Gesprek is in die Grondwetkamer in Windhoek se parlementsgebou gehou, waar die Grondwetgewende Vergadering 30 jaar gelede byeengekom het.
Die doel van die Groot Gesprek was om die lewende opstellers van die Namibiese Grondwet bymekaar te bring.
Dié geleentheid was een van vele in aanloop op vanjaar se 30ste onafhanklikheidsvieringe om ’n vreedsame, bestendige en demokratiese land te vier.
Die genooide gaste het ’n belangrike rol in die opstel en aanvaarding van die Namibiese Grondwet gespeel.
Gondwana wil bewustheid van dié prestasie bevorder deurdat elke lid van die komitee se kort toespraak oor die Grondwet op film vasgelê is.
Dit sal op 9 Februarie, waarop dié dag gevier word, vrygestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie