Groot advokate skud togas reg vir Steinhoff
Nellie Brand-Jonker – Daar sal waarskynlik nie sommer gou weer soveel swaargewig-advokate saam in een hofsaal wees soos Woensdag, wanneer die partye wat geld van Steinhoff eis, in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn nie.
Die hof hoor Woensdag en Donderdag die partye se vertoë aan oor hoekom hul eise nie gekonsolideer moet word nie.
In Oktober is berig dat Steinhoff ’n hofaansoek gebring het dat al die eise teen hom saamgevoeg en saam aangehoor moet word.
Daar is 32 respondente in die aansoek, almal partye in altesame 12 eise teen die groep. Onder die respondente is Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, en Ben la Grange, die voormalige finansiële hoof.
Nicholas James Lewis, maatskappysekretaris van Steinhoff, sê in die hofstukke al die respondente, buiten Jooste en La Grange, staan dit teen.
Die respondente se repliek teen die aansoek beslaan gesamentlik meer as 1 000 bladsye.
Lewis het aangevoer dat die konsolidasie van die sake tot voordeel van die hof en die partye sal wees. Hy meen dit gaan onprakties wees om al die sake afsonderlik aan te hoor.
Die grootste eis teen Steinhoff – ’n eis van altesame R60 miljard – is van Christo Wiese, voormalige voorsitter en grootste aandeelhouer van Steinhoff.
Die tweede grootste eis is R12 miljard van Lancaster 101 wat saam met die staatspensioenfonds (GEPF) in Steinhoff belê het.
Ander respondent sluit in die voormalige eienaars van Tekkie Town, asook die sakeman GT Ferreira en die personeel van Pepkor.
Bernard Mostert, een van die voormalige eienaars van Tekkie Town, sê sover hy weet, staan almal die aansoek teen behalwe Jooste en La Grange.
Hy sal verbaas wees as Jooste Woensdag daar is.
“Die groot rede hoekom ons dit teenstaan, is almal het hul eie unieke saak en dit kan nie gekonsolideer word nie. Hoe Jaap du Toit bevark is, is nie hoe ons bevark is of GT bevark is nie.”
“Ons glo dit is ’n vertragingstaktiek,” het Riaan Meintjes van Hayes Ing., wat die trustees van die Le Toit Trust in ’n eis van R740 miljoen verteenwoordig, voorheen gesê.
“Dit gaan langer neem om by ’n verhoor uit te kom as dit saam aangehoor word, want dit moet dan gelyk gereed wees om aangehoor te word.”
Hy het gesê dit is ’n lywige aansoek. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie