Groot Dakar-drama toe wenner gestraf word
Motorsport
Die eerste dag van 2015 se Dakar-tydren het Sondag groot drama opgelewer toe Nasser Al-Attiyah van Katar se eerste plek van hom weggeneem is.
Al-Attiyah, 2011 se kampioen, het die eerste skof oor 170 km van Buenos Aires na Villa Carlos Paz in Argentinië in sy Mini gewen in ’n tyd van ’n uur en 12 minute.
Dit was 22 sekondes vinniger as Orlando Terranova van Argentinië, ook in ’n Mini, en net meer as ’n minuut vinniger as die Yank Robby Gordon in ’n Hummer.
Al-Attiyah is ’n paar uur later gestraf nadat hy 68 km/h gery het in ’n deel van die skof waar ’n spoedbeperking van 50 km/h gegeld het.
Hy is met twee minute gestraf en het daarmee na die sewende plek teruggesak, met Terranova wat as die wenner verklaar is.
Gordon en Suid-Afrika se Giniel de Villiers in sy Toyota het in die tweede en derde plekke ingeskuif.
“Ons het ’n goeie ren sonder enige voorvalle gehad. Die Hilux het soos ’n droom gery en ons het nie so vroeg risiko’s geneem nie,” het De Villiers agterna gesê.
De Villiers se Toyota-spanmaat Leeroy Poulter het blitsig weggespring, maar moes uiteindelik met ’n 14de plek tevrede wees.
Hul landgenoot Johan van Staden het 71ste in sy Nissan geëindig – 28 minute en 33 sekondes agter die voorloper.
Peugeot se veterane, Carlos Sainz en Stephane Peterhansel, het die skof onderskeidelik in die agtste en tiende plek klaargemaak.
Die verdedigende Dakar-kampioen, Nani Roma, se Mini het ná net 10 km onklaar geraak en hy kon nie die skof voltooi nie.
Dié Spanjaard is ná sy teëspoed 135ste en meer as ses uur agter die voorlopers.
Die Brit Sam Sunderland het op sy KTM die vinnigste tyd in die motorfiets-afdeling behaal. Hy het die eerste dag in een uur en 18 minute voltooi.
Die ervare Riaan van Niekerk, ook op ’n KTM, was Suid-Afrika se voorste deelnemer in dié afdeling.
Hy was in ’n stadium in die 12de plek, maar het uiteindelik 22ste geëindig nadat hy hom om ’n draai misgis en deur ’n doringdraad-heining gejaag het.
Van Niekerk is vyf minute en 54 sekondes agter Sunderland.
Die Nederlanders Hans Stacey en Bernard der Kinderen en Serge Bruynkens van België was eerste (1:30:43) in hul Iveco-vragmotor, terwyl Ignacio Casale van Chili op die eerste dag die vinnigste in die kwadfiets-afdeling was (1:37:08). – dakar.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie