Groot eer vir bewaringsorganisasie
Die Rare and Endangered Species Trust (Rest) naby Outjo is verlede week deur die Wildbewaardersvereniging van Afrika met 'n toekenning beloon.
Francoise Steynberg - Die Rare and Endangered Species Trust (Rest) naby Outjo is verlede Vrydag as die naaswenner van die spesiale toekenning vir die bewaring van bedreigde spesies tydens die Renosterbewaringstoekennings van die Wildbewaardersvereniging van Afrika aangewys.
Me. Maria Diekmann van Rest het die toekenning van prins Albert van Monaco ontvang wat ook die eregas by die spoggeleentheid in Johannesburg was. Rest spits hom toe op die red, bewaring, vrylating en navorsing van bedreigde spesies soos onder meer ietermagogs, aasvoëls en Damara dik-diks.
"Rest is geëerd om as bewaringsleier in Afrika erken te word. Ons bedank mnr. Mark Paxton van die Wildbewaardersvereniging wat ons genomineer het," het Diekmann aan Republikein gesê.
Oor prins Albert van Monaco wat ook die beskermheer van van die Wildbewaardsvereniging van Afrika is, sê Diekmann hy is 'n lieflike, saggeaarde mens, maar passievol oor natuurbewaring.
"Ons het ongelooflike bewaarders ontmoet en ons maak reeds planne om saam met Kenia en Uganda te werk," het Diekmann gesê.
Die wenner van die spesiale toekenning vir die bewaring van bedreigde spesies is mnr. Amos Gwema en in die derde plek is mnr. Craig Reid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie