Groot herstel in mynbouaandele verwag
Vooruitskattings vir die verdienste wat Suid-Afrikaanse aandele kan lewer, is op die hoogste vlakke nóg met ontleders wat ’n groot herstel in mynboumaatskappye se wins verwag.
Dit kom ná wêreldwye stygings in die pryse van verskeie mineralehulpbronne.
“Daar is vir die eerste keer in vyf jaar ’n goeie hulpbronsiklus. Met die opbrengste op mynbou wat ’n jaar gelede so laag was, gaan dit nou deur die dak,” sê Wayne McCurrie, hoof van portefeuljebestuur by Ashburton Investments.
“Die antwoord is basies mynboumaatskappye. Daar is ’n groot ommeswaai in die opbrengste van hulpbronaandele. Dit het nie veel met Suid-Afrika te doen nie. Ystererts het van US$20 per ton tot US$60 per ton gestyg en dit is hoekom hulle geld maak.”
Die JSE se indeks van alle aandele het vanjaar reeds met 6,7% gestyg. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie