Groot kommer oor grondgryp op Grootfontein

Die Grootfontein-munisipaliteit het hom tot die hof gewend in sy stryd teen grondgryp.
Minette Brink
Augetto Graig- Die burgemeester van Grootfontein sê grondgryp is 'n ernstige en aanhoudende kwessie op die dorp wat baie kommerwekkend is.

Volgens mnr. Abisai Haimene is moeite gedoen om die erns van die bedreiging aan die plaaslike gemeenskap oor te dra, en vergaderings is gehou. Desondanks is geen oplossing in sig nie, met grondgryp wat voortgaan.

“Ons het die howe genader en 'n uitsettingsbevel is aangevra sodat ons kan optree,” het hy gesê.

“Die druk om grond te lewer, raak al hoe groter. Mense huil oor grond en die aantal mense neem toe, maar ons hét nie gedienste grond nie.”

Die waarnemende dorpshoof, mnr. Arnold Gabriel Ameb, het bevestig die dorp het tans sowat 1 500 inwoners op die algemene munisipale waglys vir behuising. Daarbenewens wag nog 881 staatsamptenare in Grootfontein. Nog 411 gesinne hoop om behuising deur die plaaslike Build Together-program te kry, terwyl meer as 200 mense se hoop op die plaaslike Shack Dwellers Association is om ‘n eie dak oor hul kop te verseker.

Die enigste hoop op die horison is 'n sagte lening van China. Na verwagting sal dit die ministerie van landelike en stedelike in staat staal om die bou van 200 huise op die dorp te finansier.

“Sodra die ministerie 'n konsultant aanwys, sal ons die geleentheid kry om insette te lewer oor die ontwerpe van die nuwe huise. Wat ons die meeste benodig, is huise vir mense in die lae- tot uiters lae-inkomstegroepe soos sekuriteitswagte op die dorp. Die behoefte is om diegene te help wat die banke nie kan finansier nie,” het Ameb beklemtoon.

Die burgemeester sê hy het begrip vir ??die frustrasie van diegene op die dorp se waglys wat meen niks word gedoen in die gebied waar die grondgryp plaasvind nie. Dié gebied was voorheen deur die weermag beset en landmyne wat tydens die bevrydingstryd daar geplant is, moet nog gevind en onskadelik gemaak word. “Dit moet deur plofstofkundiges van die weermag gedoen word," het Haimene op 5 September aan die plaaslike raad gesê. “Ons wil dodelike voorvalle voorkom, want ons weet daar is plofstof wat die polisie by vorige geleenthede laat ontplof het,” het hy gesê. Tans wag die munisipaliteit nog op 'n antwoord van die nasionale weermag (NDF) nadat dié gevra is om die plofstof te verwyder.Burgemeester Haimene het ook verwys na 'n nuwe uitbreiding by die informele nedersettings op Grootfontein wat plaaslik bekend staan ??as Kap en Bou. Volgens ‘n inwoner van die gebied, mnr. Amon Petrus, het die munisipaliteit nuwe erwe in die gebied afgemeet en gemerk, maar die proses moes oorgedoen word aangesien die merkers verkeerd geplaas is. Dié vertraging het die aantal mense vermeerder wat onwettig grond skoongemaak en vir hulself toegeken het.Van die aanvanklike 13 gesinne het die getal tot meer as 300 gestyg. Baie van die grondgrypers is nie van die plaaslike informele nedersetting bekend as Blikkiesdorp nie, het hy gesê. Volgens hom kom hulle van verskillende klasse, samelewings en stamme, onder wie baie wat nie eens op die dorp woon nie.

Mnr. Johan Dewaldt, ‘n plaaslike gemeenskapsaktivis, sê hy stem nie saam met die munisipaliteit se hofaansoek om 'n uitsettingsbevel nie.

"Ons wil 'n gesprek met die raad hê om 'n vreedsame weg vorentoe te baan," het hy gesê.

"Ons wil nie die gebruik van geweld of traangas sien nie wat net sal lei tot die hospitaal of die dood, en dit oor grond. Die diens van erwe gebeur baie stadig en daar is geen inligting beskikbaar nie. Daarom raak die gemeenskap gefrustreerd en is die situasie wat dit nou is,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!