Groot kommer oor swak motorverkope in SA
Riana de Lange - Werkverliese dreig by sekere voertuighandelaars in Suid-Afrika wat sukkel om kop bo water te hou weens die skerp daling in nuwe voertuigverkope van meer as 11% tot dusver vanjaar vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.
Verkoopspersoneel wat op kommissie aangewese is – veral dié wat nuwe voertuie verkoop – se inkomste daal en die opbrengs by talle handelaars is marginaal, sê Bruce Allen, voorsitter van die Nasionale Voertuighandelaarsvereniging (Nada).
Nada, met 1 364 lede, verteenwoordig die belange van franchise-handelaars vir nuwe voertuie en sekere gebruikte voertuigfabrikate.
Die laaste paar maande reeds waarsku die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) dat motoragentskappe onder groot druk is weens laer verkope.
In Julie was die verkope van nuwe voertuie 17% laer op ’n jaargrondslag en in September 14,3% laer.
Volgens Naamsa was handelaars in Junie vanjaar verantwoordelik vir nagenoeg 83% van totale nuwevoertuigverkope. In September het dit gedaal tot 80,9%.
Motormaatskappye skryf dié daling toe aan private en vlooteienaars wat langer wag voordat hulle hul voertuie vervang, of eerder hul voertuie se waarborg verleng as om ’n nuwe voertuig te koop.
Persentasiegewys kan die syfer ook laer wees omdat huurmaatskappye en die regering voertuie regstreeks van vervaardigers koop en dit dus nie deur die handelaars se syfers weerspieël word nie.
Naamsa verwag die gedempte toestande in die plaaslike mark sal op kort en medium termyn voortduur weens dubbelsyferverhogings in voertuigpryse, swak verbruikers- en sakevertroue en hoë rentekoerse.
Denise van Huyssteen, hoofbestuurder van kommunikasie vir General Motors (GM) in Afrika en die Midde-Ooste, sê GM voorspel 2016 se verkope van nuwe voertuie sal verder daal nadat 2015 se verkope reeds 5% laer was as in 2014.
Allen sê as deel van Nada se steun aan sy lede, het die organisasie die afgelope twee weke inligtingsessies gehou waar strategieë met lede gedeel is oor hoe om die heersende ekonomiese toestande te hanteer en daarby aan te pas.
Hy sê hoewel moontlike afleggings ’n bekommernis is, is daar tans min bewyse dat dit wel sal gebeur. ’n Mate van rasionalisering gebeur wel by fabrikate waarvan lae volumes verkoop word.
Tog beraam voertuighandelaars innoverende planne om verkope te stimuleer én hulle implementeer die “waardevolle lesse” oor doeltreffendheid wat hulle in die ekonomiese afswaai in 2009 geleer het, sê hy. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie