Groot kwessies in die weegskaal
Dani Booysen - Donderdag se dringende aansoek van Namibië se intelligensiedienste vir ‘n muilbandbevel teen ‘n plaaslike weekblad, The Patriot, kan op vele terreine ‘n uiters belangrike toetssaak word.
Op die spel is kwessies soos die reg om inligting in belang van nasionale veiligheid geheim te hou, die publiek se reg op toegang tot inligting en mediavryheid. Die hof sal hierdie en ander kwessies versigtig teen mekaar opweeg.
Jan en San Alleman moet die regsgeskil dus fyn dophou. Die saak sal beslis ook met groot aandag van buite die landsgrense gevolg word.
In die weegskaal is onder meer openbare belang om te weet indien geld en bates van die staat en belastingbetaler op aanvegbare maniere benut word. Een vraag is of vergrype aan die kaak gestel kan word sonder om sekere besonderhede te verstrek.
Die weermag was al vanjaar twee keer in die spervuur oor die aankoop van plase. Die belastingbetaler wonder hoeveel ander “geheime” plase daar is wat nie behoorlik aangewend word nie.
Die aansoek is gebring op grond van veiligheidswetgewing wat uit die apartheidsera dateer. Dalk was daar belangriker wetgewing om eers te vernuwe, maar vrae kan gevra word oor hoekom die wetgewing vir byna drie dekades steeds onveranderd op die wetboeke is. Dit terwyl ‘n wet oor toegang tot inligting steeds nie aanvaar is nie.
Die publiek wil nie elke intieme feit van die intelligensiedienste weet nie, maar in ‘n klein land met beperkte bronne is verantwoording oor goeie bestuur en relatiewe koste net so belangrik soos elders in die wêreld.
So sê ander
15 April 2018
It’s way too early for Trump to say “mission accomplished” in Syria
President Trump was more than a little premature Saturday in declaring “Mission Accomplished!” after the United States, Britain and France fired more than 100 missiles at three chemical weapons storage and research facilities in Syria.
As justified as this strike was, the ambiguity in Trump’s Syria policy is highly unsettling, especially for a leader of such volatility and impulsiveness. He has put the U.S. role on the brink of serious escalation within days of suggesting he wanted to withdraw all troops from a country mired in civil war.
Before the next missile flies, Trump needs to go to Congress to lay out his plan, allow for a full and forthright debate, and retain its authorization to proceed in a precarious conflict where any misstep could lead this nation into the next foreign quagmire.
• SAN FRANCISCO CHRONICLE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie