Groot lewensverlies in Kaboel
Groot lewensverlies in Kaboel

Groot lewensverlies in Kaboel

Estelle de Bruyn
Die Taliban het aanspreeklikheid aanvaar vir ’n motorbomaanval naby regeringskantore in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, wat rookwolke die lug ingestuur het en die lewens van minstens elf slagoffers geëis het en meer as 300 beseer het.
Die aanval in ’n digbewoonde gebied is die eerste van sy soort sedert die Taliban die begin van die ­sogenaamde lente-offensief aangekondig het.
Die aanval in die Puli Mahmood Khan-woonbuurt is ten sterkste deur die regering van Afganistan veroordeel.
’n Taliban-woordvoerder, Zabihullah Mujahid, het aangevoer dat vegters daarin geslaag het om die kantore van die nasionale direktoraat van veiligheid, die hoof spioenasie-agentskap, binne te dring.
Afgaanse amptenare het dit nie bevestig nie, maar hewige geweervuur kon naby die kompleks gehoor word.
Die Taliban het verlede Dinsdag die begin van sy lente-offensief aangekondig terwyl die regering in Kaboel probeer om hulle terug te bring na die onderhandelingstafel om ’n einde aan die uitgereikte konflik te maak.
Die Taliban het gewaarsku dat dit tydens die offensief “grootskaalse aanvalle op vyandige posisies landwyd” van stapel sal stuur. Die offensief staan bekend as Operasie Omari, ter ere van die afgestorwe voormalige leier, Mullah Omar, wie se dood verlede jaar aangekondig is.- Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!