Groot makietie by Brakwater
Yolanda Nel – Merk jou kalender vir môre (6 November) en ry uit na Brakwater plot 52 vir ’n jolige makietie om geld in te samel vir die brawe mans en vroue wat help om brande in die land te bestry.
Volgens een van die organiseerders, Chané Hälbich, is hierdie geleentheid baie belangrik, omdat toerusting nodig is om brande te blus.
“Dis ’n groot probleem om brande te slaan, veral in die Brakwater- en Elisenheim-omgewing. Dis hoekom ons hierdie geldinsamelingsprojek hou.”
Gaste kan uitsien na heerlike vermaak en ’n verskeidenheid van stalletjies, met Maryke Mertens, Ernst Swarts, Savannah Collins, Riaan Smit, Heiko Doedens en Claudine Nelson wat op die verhoog te sien sal wees.
“Die ondersteuning tot dusver is fenominaal en besighede en individue het in oorvloed hul hulp aangebied,” vertel Chané.
Hierdie is ’n geleentheid vir oud en jonk, en die jongspan sal beslis by die markdag besig gehou word.
En wat is ’n mark dan sonder iets om te eet en te drink?
“Daar is te veel om op te noem. Ons is baie opgewonde,” sê sy.
Lootjies is ook teen N$30 elk beskikbaar, met groot pryse wat op die spel is.
Die mark is van 10:00 tot 16:00 en toegang is N$10 per persoon.
Maar die joligheid eindig nie daar nie. Die span maak om 18:00 reg vir ’n heerlike dans waarvoor kaartjies N$100 elk beloop.
Vir meer inligting, skakel gerus die organiseerders by 081 421 3209 of 081 253 2620.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie