Groot muur vir Okahandja

Augetto Graig
Augetto Graig



'n Lang muur word deur die maatskappy Otesa vir die Paaie­owerheid (RA) op Okahandja gebou. Volgens die RA-woordvoerder, me. Hileni Fillemon, word die muur gebou om te verseker mense beset nie die grond wat vir 'n snelweg geoormerk is nie.

“Die gedeelte waar die muur gebou word, is naby informele nedersettings waar onwettige grondbesettings algemeen voorkom. Die besluit om 'n muur te bou, is geneem nadat mense herhaaldelik grond binne die padreserwe onwettig beset het. Dit het nie net die grondgrypers in gevaar gestel nie, maar ook padgebruikers. In hierdie geval sou 'n draadheining nie voldoende wees nie, omdat dit maklik kan beskadig en materiaal gesteel word. Die totale koste van die baksteenmuur is sowat N$15 miljoen,” sê Fillemon.

Volgens Fillemon word die muur gebou met geld wat reeds vir 'n draadheining begroot is.

Meer as 3 km van die muur is reeds gebou en volgens haar sal dié deel tot 7,5 km lank wees. Die projek verskaf tans tydelik werk aan sowat 400 inwoners van Okahandja en sal na verwagting teen Julie 2022 voltooi wees, sê sy.

Die bouwerk vir seksie 4b van die snelweg vanaf die Omakunde-wisselaar na die Karibib-Otjiwarongo-pad is beplan en word deur die CMC/Otesa gesamentlike vennootskap gebou. Dit volg op die voltooiing van seksie 3a vanaf Brakwater na die Döbra­rivier in Desember 2016, en seksie 4a van daar af na die Omakunde-wisselaar naby die Osona-basis in Januarie vanjaar.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!