Groot name uitgeskakel vir NSV-ampte

Twee duidelike gunstelinge in die binnebaan vir die NSV-presidentskap het gister oorgebly.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Net vier uit die aanvanklike tien benoemde kandidate vir die presidentskap van die Namibiese Sokkervereniging (NSV) het in die wedloop oorgebly.

Die Fifa normaliseringskomitee vir Namibiese sokker het gister die uitslag gelewer van sy fynkam-proses om te bepaal watter kandidate volgens die grondwetlike voorskrifte as kiesbare kandidate kwalifiseer, in die aanloop tot die verkiesing wat op 22 Februarie by die Hotel Safari sal plaasvind.

Mnre. Johnny Johnson Doeseb (voormalige voorsitter van die Namibië Premierliga, NPL) en Ranga Haikali (voorheen voorsitter van FNB Black Africa-sokkerklub) is gewis die twee mees ervare swaargewig administrateurs wat vir die topposisie in die land se sokker kiesbaar is.

Die twee buiteperde is mnre. Izak Fredericks (gewese voorsitter van die //Kharasstreek se sokkerkomitee) en Mabos Vries (tevore uitvoerende lid van die NPL).

Verskeie groot name het gister amp­telik in die slag gebly – byvoorbeeld die NSV se voormalige president, mnr. Frans Mbidi, wat reeds twee termyne as uitvoerende lid van dié beheerliggaam gedien het en dus gediskwalifiseer is. Dieselfde regulasie het klaargespeel met dr. Naftal Ngalangi (gewese NSV-visepresident).

Die NSV se skorsing van die NPL as een van sy lidverenigings, 'n kwessie wat tans 'n hangende hofsaak is, het ook in verskeie gevalle daartoe gelei dat Kandidaat X gediskwalifiseer is omdat hy/sy huidig 'n lid van 'n geskorste lidvereniging van die NSV is.

Kandidate vir die presidentskap wat om dié rede nie oorweeg word nie, sluit in mnre. Cassius Moetie, tans waarnemende voorsitter van Black Africa, en Patrick Kauta, die mees onlangse voorsitter van die NPL.

Mnr. Mpasi Haingura is uitgeskakel deur die regulasie wat enigiemand verhinder om as 'n kandidaat vir 'n uitvoerende amp te dien indien hy/sy tevore 'n aktiewe rol in die verwydering van 'n NSV-president gespeel het. Dieselfde regulasie is op mnre. Kauta en Ngalangi van toepassing, vanweë die drietal se rolle in die verwydering van Mbidi uit die NSV-stoel gedurende 2018.

Die tiende kandidaat, mnr. Kenneth Gaoseb, het nie die vereiste dokumentasie volledig ingedien nie. As huidig verkose verteenwoordiger van die Nasionale Eerste Liga (NFD) kwalifiseer hy in elk geval ook reeds om op die NSV se uitvoerende komitee te dien, ingevolge artikel 33 (2).

Namens die normaliseringskomitee het me. Hilda Basson Namun­djebo (voorsitter) en mnr. Franco Cosmos gesê al die benoemdes is reeds voor gister se nuuskonferensie oor hul status ingelig, asook die redes indien hulle gediskwalifiseer is. “Ons het bloot die regulasies van die grondwet gevolg en verwag dus nie dat daar enige wesenlike dispute sal ontstaan nie.”



KANDIDATE VIR EERSTE

VISEPRESIDENT

Kiesbaar: Rudolph Haingura, Peter Ndjulu, Izak Fredericks, Michael Situde.

Onkiesbaar: Andreas Amesho en John Paul Do Santos (onvolledige dokumentasie), Fillemon Vatilifa en Markus Murs Jacobus (reeds lede van die NFD), Oscar Mulonda (reeds twee opeenvolgende termyne op NSV uitvoerende bestuur gedien), Mpasi Haingura (aktief in verwydering van NSV-president), Monika Shapwa (het nie minstens vier jaar uitvoerende diens in 'n lidvereniging nie)



KANDIDATE VIR TWEEDE

VISEPRESIDENT

Kiesbaar: Rudolph Haingura, Peter Ndjulu, lzak Fredericks, Nettie Cloete, Michael Situde.

Onkiesbaar: Oscar Mulonda (reeds twee NSV-termyne gedien), Harry Jahs, Laban Sholyolute, Andreas Amesho Andreas Amesho en Morris Busungu (onvolledige dokumentasie), Rosemarie Khaibes (het nie minstens vier jaar uitvoerende diens in 'n lidvereniging nie) en Fillemon Vatilifa (reeds lid van die NFD).



KANDIDATE VIR

UITVOERENDE AMPTE

Kiesbaar: Nettie Cloete, lngy Hainghumbi, Peter Ndjulu, lzak Fredericks, Samuel Mshelenga, Ferdinand Hausiku, Rudolph Haingura, Dawid Morgan, Shali Amakali, Ernest Joy, Johnny Johnson Doeseb, Nelago Stephanus, John Sinime, Michael Situde.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!