Groot naweek vir ruiters van oral
Groot naweek vir ruiters van oral

Groot naweek vir ruiters van oral

Perdesport
Andrew Poolman
Kapp Stables bied hierdie naweek sy perdesporttoernooi by sy opgeknapte geriewe naby Kapps Farm oos van Windhoek.
As ’n integrale deel van NAMEF (Namibian Equestrian Federation) se toernooikalender, het Kapp Stables vanjaar die eer om die laaste twee bene van die Namibiese deel van die FEI Wêreldspringuitdaging aan te bied. Dit is die gestandaardiseerde kompetisie die wêreldbeheerliggaam (FEI) in 52 lande wêreldwyd reël om amateurruiters met beperkte geldelike hulpbronne die kans te gee om internasionaal mee te ding sonder om hul eie landsgrense oor te steek.
Michelle Künzle, wat die wêreldwye eindrondte van dié reeks in 2008 gewen het en in 2015 die bronsmedalje bygevoeg het, sal weer vir die eindrondte in kategorie A (hoogte 1.30 meter) probeer kwalifiseer.
Vir die eerste keer is daar ’n stewige kontingent van 21 ryers wat in kategorie B (hoogte 1.20 meter) meeding, met nóg 21 jaers in kategorie C (hoogte 1.10 meter).
Die organiseerders is trots om aan te kondig dat Kapp Stables hierdie naweek ook die jaarlikse Namibiese skouspringkampioenskap aanbied, wat die mees gesogte plaaslike gebeurtenis vir beginner-, intermediêre en gevorderde ruiters is.
Die beginnerklas is vir die ruiters en perde wat hoogtes van 0.80, 0.90 en 1.00 meter aandurf. Vir dié titel sal 21 deelnemers sake uitspook, terwyl die Intermediêre en gevorderde klasse tesame met die FEI B- en A-klasse beslis word.
Vir die eerste keer sal Kapp Stables dressuuritems vir kinders, juniors en volwassenes aanbied, terwyl ruiters en perde ook op 60 cm, 70cm en 80 cm hul vaardighede in dié klasse ten toon kan stel. Bo en behalwe die hoofborge Sanlam Namibië en FNB Namibia, word al die ander groot en klein borge opreg vir hul ondersteuning bedank.
Altesame 94 perde is ingevoer vir verskillende dissiplines wat vanoggend met die dressuur begin en sal uitloop op die finale van die Wêreldspringuitdaging en die FNB Namibiese skouspringkampioenskap Sondagoggend.
Terselfdertyd sal die FEI-verteenwoordiger Teresa Fitt ’n eendaagse seminaar vir skouspring amptenare aanbied.
Kapp Stables se perseel is op Kapps Farm geleë, by die uitdraai na links onmiddellik ná die padblokkade op die lughawepad.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!