Groot ongeluk skenk Adam Tas aan musiek
‘n Verhaal van durf is die van Adam Tas, as besoekende kunstenaar uit Suid-Afrika een van die groot trekpleisters na die Hentiesfees. Juis ‘n terugslag in sy lewe het sy loopbaan in die rigting van die verhoog gestuur. Musiek was destyds nooit deel van sy toekomsplanne nie.
Adam Tas is ‘n Pretorianer wat ná sy hoërskooldae ‘n kursus in die joernalistiek gevolg het. Hy was ‘n man vir die buitelewe. Daarvan getuig ook sy huidige status van ‘n gekwalifiseerde wildbewaarder. As jong man het hy ander drome gehad, onder meer om vir die Blou Bulle rugby te speel.
Toe het ‘n fietsongeluk sy lewe verander. Sy beserings het hom weke lank bedlêend gehou. Om sy tyd te verwyl en hom besig te hou, het hy sy kitaar opgeneem. Eers het hy geleer om kitaar te speel en dit het weer oorgegaan in die ontwikkeling van sy rasperstem.
‘n Volgende stappie was om die vertonings van ander kunstenaars by te woon. Uiteindelik was die deurslag ‘n optrede van Valiant Swart waar hy hom verluister het.
Van daardie oomblik het musiek die lewe van Adam Tas geword. Sy gewildheid is te danke aan Afrikaans met soms ‘n ondertoon van rock.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie