Groot oomblik vir basketbal
Basketbal
Namibië sal vandeesmaand vir die eerste keer in die geskiedenis aan die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees (ANOC) se Wêreldstrandspele in Doha, Katar, in ’n drie-aan-’n-kant basketbalkompetisie deelneem.
Die span het reeds gister vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Katar vertrek waar dié spele Saterdag amptelik deur sjeik Tamim bin Hamad Al Thani, emir van Katar, geopen sal word.
Firmino Bonaventure Mael en Tireemukuru Toromba, twee van die vier spanlede, sê hulle is opgewonde oor Namibië se deelname aan die eerste byeenkoms wat die ANOC aanbied. Mael sê hy het ongekende steun van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee (NNOK), sy familie en die gemeenskap gekry.
Toromba vertel weer hy voel geëerd om deel van die Namibiese span te wees om internasionaal sy land te kan verteenwoordig.
Mantius Amukoshi en Kautjeza John Tjirimuje is die ander twee spelers.
“Die hele span voel dieselfde en dit is ons plig om Namibië op en van die baan af met trots te verteenwoordig,” het Toromba gesê.
Ongeveer 1 240 atlete van 100 lande sal in 14 sportkodes en 16 dissiplines meeding. Die basketbalkompetisie bestaan uit twee groepe van 16 spanne vir die mans en vroue. Die basketbalkompetisie se eerste wedstryde sal Sondag afslaan en tot volgende Woensdag duur. Toegang is gratis na die spele.
Die organiseerders van die 2019 ANOC Wêreldstrandspele het ’n toep (AWBG2019) in samewerking met Bornan Sport Technology geskep om ondersteuners op datum te hou wat in Katar gebeur.
Die Namibiese span word deur Ramah Mumba (sekretaris-generaal van die Namibië Basketbalvereniging, NBF), Malakia Matias (NBF-ontwikkelingsbeampte) en Sylvia Sawahenga (NBF-tesourier) vergesel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie