Groot oorwinning vir Finse president
Groot oorwinning vir Finse president

Groot oorwinning vir Finse president

NAMPA
Finland se gematigde president, Sauli Niinisto, het Sondag ‘n gemaklike verkiesingsoorwinning in die eerste ronde van die verkiesing behaal. Sy goeie betrekkinge met sy buurstaat, Rusland, en die Amerikaans-geleide Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), het weerklank by kiesers gevind.

Die 69-jarige Niinisto, wat daarvoor bekend is dat hy goeie betrekkinge met sy Russiese eweknie, Wladimir Poetin, handhaaf, het sy tweede termyn van ses jaar met ‘n oorweldigende 62,7% stemme gewen. Sy naaste teenstander van die Groen Party, Pekka Haavisto, kon net 12,4% van die stemme op hom verenig.

Finland deel ‘n 1 340 km lange grens met Rusland en het ‘n ingewikkelde geskiedenis met dié land. Finland het ook nouer bande met Navo gesmee, maar nie volle lidmaatskap gekry nie, om konfrontasie met Rusland te vermy. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!