Groot planne vir Afrikaans in 2019!
Namibië se Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het verskeie opwindende items op sy kalender vir 2019.
Volgende jaar bied die vereniging vir die 23ste keer sy Pluimpie-toekennings aan.
Die toekennings, wat tydens ’n spoggerige gala-aand oorhandig sal word, gee erkenning aan kunstenaars in verskeie kategorieë, wat insluit digkuns, prosa en kortverhale.
Ook sangers, omroepers, verslaggewers, uitgewers en Namibiese skole kan in aanmerking vir ’n Pluimpie kom.
Jaarliks word sowat 70 Pluimpies aan talentvolle Namibiërs toegeken.
Maatskappye kan ook werknemers, wat positiewe bydraes tot die samelewing maak, nomineer.
Inskrywings moet, nodeloos om te sê, in keurige Afrikaans gemotiveer word.
Volgende jaar bied die ATKV weer, soos die afgelope 16 jaar, sy Idiomestryd aan, waartydens Namibiese hoërskole mekaar die stryd aansê en hul taalvernuf ten toon stel.
Dié kompetisie word deur Hartklop FM uitgesaai.
Nóg ’n item op 2019 se taalkalender is die ATKV-skryfskool, waar skrywers en digters hul vaardighede kan slyp.
Die vereniging sal ook werkwinkels vir kore, sangers, teaterbestuuders en redenaars aanbied.
Vir meer inligting oor die skryfskool, kontak Leoni van Rensburg by 081 127 1193, en kontak Ansa Ellis by 081 122 5552 oor die Pluimpie-toekennings en die ATKV-Idiomestryd.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie