Groot planne wink vir dieretuin
As jy die vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, gaan maak gerus ’n draai by die dieretuin in Kleine Kuppe vir ’n paar uur se ontspanning.
Yolanda Nel
Hoewel die eienaar van die Haven Zoological Park in Kleine Kuppe stees finansieel swaar trek, het hy verskeie planne om te verseker die park bly oop.
Volgens mnr. Martin Wiese het hy die park in 2008 geopen om ’n plek vir kinders te skep om verskillende soorte diere te sien. “Daar was kinders hier, ses of sewe jaar oud, wat nog nooit ’n hoender gesien het nie,” vertel hy.
Hy wys daarop dat almal nie in ’n posisie is om ’n plaas te besit en plaasdiere vir hul kinders te kan wys nie. “Hier was ook al volwassenes wat ’n eland vir ’n gemsbok aangesien het en met my daaroor gestry het,” lag hy.
Dit is vir hom belangrik om vir jonk en oud ’n plek te skep om te kan ontspan. “Kinders kan die diere kos gee terwyl hul ouers ’n koffie geniet,” sê hy.
Ná ernstige verliese vroeër vanjaar weens Covid-19-inperkings staar hy nou skuld in die gesig.
Om hierdie skuld te delg, is Martin nou besig om geld in te samel om die munisipale rekening te betaal en dus word enige donasies in hierdie verband waardeer. “Ek het nog soveel planne vir hierdie park. Ek wil ’n verskeidenheid diere aanskaf; diere wat nie aldag gesien word nie. Die alpakkas hier is reeds ’n treffer.”
Hy beoog ook om Russiese swane en kamele aan te skaf. Indien moontlik wil hy ook ’n swembad inbou, om veral tieners na die park te lok. “Dit moet ’n heerlike uitstappie vir die hele familie wees.”
As jy dié vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, gaan maak gerus ’n draai by die dieretuin in Kleine Kuppe vir ’n paar uur se ontspanning. “Ek wil geen donasies in my rekening ontvang nie. Diegene wat wil help, kan ’n betaling direk in die park se munisipale rekening maak.”
Vir meer inligting, kontak Martin by 081 227 2378.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie