Groot pret met Iveco Trakker
Augetto Graig - Die blitsvinnige Iveco Trakker 516 het verlede naweek die stofpaaie van die Amani-ontwikkelingsentrum en lodge buite Windhoek getem. In die kajuit was gillende passasiers langs ervare drywer Lionel Lewis vasgegespe, wat onder opdrag was om te wys presies waartoe dié bielie van ’n resiesvragmotor in staat is.
Die geleentheid is gereël om die oorwinning van die Iveco- en Petronas-span De Rooy by vanjaar se Dakar-tydren te vier. Africa Commercial Vehicles, die gemagtigde Iveco-handelaar vir suidelike Afrika, het die herboude voertuig na Windhoek gebring om Namibiërs die geleentheid te gee om ’n rit in die indrukwekkende masjien te ervaar.
Africa Commercial Vehicles het die Amani-ontwikkelingsentrum, 30 km buite Windhoek op die Kupferbergpad, gekies as die plek vir die geleentheid weens die talle stofpaaie wat bergop en -af loop, deur stroompies en rivierlope, oor klippe en tussen haak-en-steekdoringbosse.
Gunther Wilcheus, verkoopsbestuurder by Africa Commercial Vehicles, het reeds verlede week tydens die Namibië Toerisme Ekspo se Nedbank Motorskou waar die voertuig vertoon is, gesê die herboude Iveco Trakker is soortgelyk aan die voertuie waarmee die handelsmerk vanjaar by die Dakar-tydren geseëvier het.
“Sy 350 perdekrag enjin kry ’n hupstoot te danke aan die ingeboude 500 perdekrag ‘rekenaar’ wat sy topspoed na 160 km/h verhoog. Die een wat aan die Dakar deelgeneem het, se verrigting was nóg hoër - ’n indrukwekkende 830 perdekrag – om die 9 500 km tydren kaf te draf, wat as een van die taaiste ter wêreld bekend is,” het hy gesê. Die tydren is in Januarie deur Gerard de Rooy van Nederland in ’n Iveco Powerstar gewen. Hy was ook in 2012 die wenner in die kategorie vir vragmotors.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie