Groot ses van ekstensiewe hoenderboerdery

Ronelle Rademeyer
Anders as intensiewe hoenderboerdery vir vleis en eiers wat duur spesialis-huisvesting, -toerusting, -voeding en bestuur verg, kan die gewone boer alternatiewe rasse oorweeg wat baie maklik onder meer ekstensiewe omstandighede aangehou kan word.
Met min ruimte en basies enige tipe voeding, kan eiers en vleis op 'n konstante grondslag produseer word - hetsy vir eie gebruik of as aanvullende inkomste deur die surplus te bemark.
Goeie higiëne, veilige huisvesting met neste, genoegsame voeding en bietjie aandag is amper al wat nodig is om suksesvol met die geharde hoenders te boer, vertel Wouter Moolman van Africa Poultry Breeders. Hy en Piet Coetzee van Namboer het verlede jaar besluit om op 'n gereelde grondslag die Afria Poultry Breeders-veiling in Windhoek aan te bied, met die eerste een wat op 17 September 2015 plaasgevind het.
" Lae insetkoste en die moontlikheid om aanvanklik met kuikens as basis te begin, maak dit feitlik vir enigiemand op enige plek moontlik om met hierdie hoenders te boer. Jy het nie 'n plaas nodig nie," sê hy.
In ander Afrikalande soos Kenia en Egipte pas boere buiten vir die landelike gebiede, ook in stedelike gebiede hierdie boerdery op klein skaal met groot sukses toe.
Hy sê hierdie ekstensiewe rasse kan ook op plase aangehou word as alternatiewe rantsoenvleis vir die plaaswerkers. Die hoenders wei vry en net 'n klein hoeveelheid gemengde voer kan as aanvulling dien.
Volgens hom is die onderstaande ses rasse ideaal vir ekstensiewe omstandighede op plase:
Sussex
Dit is 'n groot dubbeldoelras met 'n kalm geaardheid wat selfs deur die onproduktiewe wintermaande eiers produseer. Die ras is uiters gewild aangesien dit buiten vir eier- en vleisproduksie, ook groot aanhang vanweë sy mooi voorkoms geniet.
Australorp
Word baie hoog aangeskryf as buitengewoon produktiewe ras, met een hen wat die wêreldrekord hou vir 364 eiers in een jaar terwyl 'n groep van ses henne 'n rekord opgestel het deur 1 857 eiers in een jaar te lê en dít sonder moderne beligtingstegnieke. Hierdie groot, geharde vleishoenders " doen die werk sonder enige fanfare" , sê hy.
Orpington
Dit is 'n ras vir alle omstandighede. Buiten 'n goeie skouhoender, is dit ook 'n groot, swaar vleishoender wat met goeie sorg tot 200 eiers per jaar kan produseer.
Koekoek
Hierdie is 'n geharde Afrika-dubbeldoelras en is as Suid-Afrikaanse ras baie gewild. Buiten vir eier- en vleisproduksie, het dit ook die vermoë om gereeld te broei ek self kuikens groot te maak.
Ovambo
Dit is die beste vry-wei hoender van almal, sê Moolman. Dit is as Namibiese inheemse ras bekend vir gehardheid en weerstand teen siektes. In 1975 het 'n navorser by die Irene-teelstasie in Pretoria die sentraal-noordelike dele van Namibië besoek en was baie beïndruk met die teelmateriaal wat hy gesien het. Gevolglik het hy 'n hele aantal van die hoenders aangeskaf en na Irene geneem om 'n basiskudde te vestig. Sederdien is die ras oor jare geselekteer en uitgebou om al die beste eienskappe van die ras te behou en te verbeter.
Rhode Island Red
Dit is een van die mees gewilde dubbeldoelrasse. Hierdie hoenders produseer groot hoeveelhede groot, bruin eiers en is ook 'n geharde, groot voël met baie vleis.
Vir meer besonderhede, kontak Africa Poultry Breeders by 081 129 3040.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!