Groot skoujaar lu00ea vir Simbra voor
Groot skoujaar lu00ea vir Simbra voor

Groot skoujaar lê vir Simbra voor

Die Simbra-ras herdenk vanjaar sy 30ste bestaansjaar en vier dit gepas tydens die 2017 Windhoek Skou met nasionale kampioenskappe.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Windhoek Skou is vanjaar die toonvenster van 30 jaar se passie, toewyding en harde werk deur Namibiese Simbratelers met die aanbieding van die ras se nasionale kampioenskappe.

Nege telers het 100 diere vir die kampioenskappe ingeskryf, wat Saterdag (30 September) in Ring 2 aangebied word.

Dié sintetiese ras het drie dekades gelede sy amptelike debuut gemaak toe die Simmentaler Genootskap van Suidelike Afrika na aanleiding van die uitstaande prestasie van Simmentaler/Brahman-kruisings, besluit het om sy grondwet te wysig om vir die Simbra voorsiening te maak.

“Die Simbra is ’n geharde, gladbedekte, goed-aangepaste ras, met viriele hard-gespierde groeikragtige bulle en vroulike, hoogs funksionele koeie.

“Dit is ’n ras wat die beste eienskappe van die Simmentaler en die Brahman besit, ’n ras wat al die potensiaal besit om beesvleis doeltreffend te produseer, veral in ekstensiewe areas.” Só beskeyf Dave Morley, senior beoordelaar van Brahman, Simbra en Simmentaler, hierdie ras.

ANDER RASSE

Benewens die Simbra, word elf ander rasse ook vanjaar geskou. Dit is die Afrikaner, Romagnola, Angus, Brahman, Braunvieh, Charolais, Dexter, Limousin, Santa Gertrudis, Simmentaler en vir die heel eerste keer ook die Chianina.

Altesaam 488 beeste is deur 57 telers ingeskryf.

Anders as ander jare, word die grootste deel van die beoordelings reeds Saterdag en Sondag afgehandel, met die groepklasse en Blup-kompetisies wat Maandag aan die beurt kom en die interras-beoordelings Dinsdag.

Die veeparade word ook nie soos in die verlede die Donderdagmiddag voor die skou eindig aangebied nie, maar reeds die Dinsdagmiddag.

(Sien bl. 18 vir vanjaar se kleinveeprogram.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!