Groot skoujaar vir Simmentalers
Groot skoujaar vir Simmentalers

Groot skoujaar vir Simmentalers

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Hoë gaste uit Suid-Afrika en Europa, ’n nasionale kampioenskap, die vrystelling van ’n spesiale gedenkbundel en plaasbesoeke aan Simmentaler- en Simbra-telers in die groter Windhoek-omgewing is op die Simmentaler se feesagenda tydens vanjaar se skou.
Dié ras gedenk vanjaar sy aankoms 121 jaar gelede in die land. Stephan Voigts, president van die Simmentaler Telersgenootskap in Namibië, sê verlede jaar se fel droogte het die genootskap laat besluit om die feesvieringe vir sy 120ste herdenking te laat oorstaan na vanjaar.
“Dit is waarom ons vanjaar ons nasionale kampioenskappe aanbied wat eintlik verlede jaar moes plaasvind,” vertel hy.
“Ons beplan ook om die buitelandse gaste op ’n toer te neem. Dit sluit in plaasbesoeke aan drie Simmentaler-telers, naamlik Reini Rusch in die Khomas Hochland en die stoeterye van Hendrik Hamman en myself oos van Windhoek. Ons gaan ook die Kamab Simbra-stoet van Diethelm en Katja Metzger en die Mica Simbra-stoet van Mike en Erica Wiechmann besoek,” sê Stephan.
Dinsdagaand, 30 September, vind ’n funksie plaas waartydens die spesiale gedenkbundel wat Mike Krafft saamgestel het, bekend gestel sal word. Die nasionale kampioenskappe kom Woensdag, 1 Oktober, om 08:00 in Ring 3 aan die beurt.
Die vieringe sal onder andere deur die president en visepresident van die Simmentaler en Simbra Beestelersgenootskap van Suidelike Afrika, mnre. Kobus Bester en Chris Oelofse, asook dr. Josef Kucera, president van die Wêreld Simmentaler Federasie bygewoon word.


Die begin
Namibië was die eerste land buite Europa waar dié ras suksesvol gevestig is. Die eerste diere is in 1893 deur die regering van die destydse Duitse Kolonie ingevoer om kruisteling bevorder en die vleis- en melkproduksie van die inheemse diere te verbeter.
Die belangrikste rede vir die voortbestaan en uitbreiding van die ras in die eerste helfte van die vorige eeu was sy dubbeldoel eienskappe. Die produksie van melk en room beesboere se kontantvloei verbeter. Tussen 1940 en 1960 het die destydse Suidwes-Afrika met so te sê geen suiwel beeste, ’n gemiddeld van 9,2 miljoen pond botter en 367 300 pond kaas per jaar geproduseer.



Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!