Groot taak vir onderwys
Groot taak vir onderwys

Groot taak vir onderwys

Dani Booysen
Dani Booysen - Donderdag ontvang die meerderheid van graad 12-leerlinge hul uitslae vir die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op gewone vlak (NSSCO).

Jan Publiek hoop op die teenoorgestelde van negatiewe tendense uit uitslae op hoërvlak (NSSCH) en in die JSC graad 10-eksamens van 2017 geblyk het.

Hoewel daar meer 1-graderings vir NSSCH-kandidate was, was daar minder 2's en meer 3's, 4's en ongegradeerde vakinskrywings.

Voltydse graad 10's het minder A-simbole behaal en hoewel 'n toename in B's, C's en dalk selfs D's goed lyk, was die vermeerdering in E's en veral F's, G's, onvoltooide en ongegradeerde vakgraderings glad nie bemoe­digend nie.

Daar was ook 'n afname in skoolverlaters wat byvoorbeeld sakestudies, ekonomie, asook Afrikaans en Engels as eerste tale op die hoogste vlak aandurf. Ook in graad 10 kwyn getalle in bykomende wiskunde, dieselfde en ander eerste tale en enkele ander vakke.

Ja, 'n groot deel van sukses berus by leerlinge en ouerhuise, maar sonder die regte mensekapitaal en toerusting in klaskamers is volgehoue, tasbare vordering vir almal nie moontlik nie.

Begrotingsbesnoeiïngs en ouers wat kan bydra se aandrang op “gratis onderwys” vergemaklik nie die uitdagings nie.

Die toekoms sal leer of die huidige hervorming van leerplanne, die beëindiging van graad 10-eksamens en ander strukturele veranderinge die land se opvoedkundige toekoms gaan ophelder. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur moet daarom ook oop kaarte speel oor 2017 se uitslae in nuwe eksamens in junior grade.

So sê ander

8 Januarie 2018



Cryptocurrencies: a greater fool's gold



Last month a plague of kittens ­brought down one of the most fashionable cryptocurrencies on the internet.

Had Ethereum been a real currency, this would've been as if the Beanie Baby craze of the last century had crashed the world's credit card system. But of course Ethereum is not a real currency, and neither is bitcoin; nor are Ripple, Monero, Litecoin, Dogecoin, or any of the other thousands of cryptocurrencies that are the focus of intense speculation today. They are the latest manifestation of the eternal dream that we could become really rich really quickly. All their tradeable value depends on blind faith and ignorance of computer code. But there's not much use in sober realism here. So long as ordinary people expect to make their fortunes overnight, they'll step up to the gaming table and play – at least while the cryptokittens are away. • THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!