Groot toerismekonferensie in Mei
Meer as 350 afgevaardigdes word verwag, asook buurlande se toerismeministers.
Namibia Media Holdings (NMH), die organiseerder van die Namibië Toerisme Ekspo, gaan saam met sy vennote, Old Mutual Namibia en First National Bank Namibia, op 29 Mei 'n nasionale toerismekonferensie by die Safari Hotel en Konferensiensentrum in Windhoek aanbied.
Die konferensie is op 8 Maart in Windhoek van stapel gestuur en op 9 Maart op Swakopmund.
Dit word deur rolspelers in die toerismebedryf ondersteun, soos onder meer die ministerie van die omgewing en toerisme, die Namibië Toerismeraad (NTB), die Windhoekse munisipaliteit, Air Namibia en Namibia Wildlife Resorts (NWR).
Die konferensie het ten doel om rolspelers in die toerismebedryf van oraloor Namibië byeen te bring om kwessies soos natuurbewaring en volhoubare toerisme te bespreek.
Die organiseerders het deur die ministerie van die omgewing en toerisme uitnodigings aan toerisme-ministeries van buurlande uitgestuur om aan die konferensie deel te neem.
"Toerisme is die sleutel tot armoedeverligting in ons land en ons glo hoe meer ons Namibiërs oor natuurbewaring inlig, hoe meer toeriste gaan ons besoek," het die uitvoerende hoof van NMH, mnr. Albe Botha, gesê.
Meer as 350 afgevaardigdes word by die konferensie verwag, wat net voor die afskop van die Namibië Toerisme Ekspo (van 30 Mei tot 2 Junie) plaasvind.
“FNB en meer spesifiek, Wesbank, as die gasheer van die Motorskou, bly ondanks die moeilike ekonomiese tye die markleier in voertuigfinansiering in Namibië met uitstekende kliëntediens," het die uitvoerende hoof van First National Bank Namibia Holdings, mnr. Sarel van Zyl, gesê.
"Ons is baie opgewonde om deel van die NTE te wees en ek is seker hierdie opwindende ontwikkeling sal ons huidige en potensiële kliënte aan die hele verskeidenheid dienste blootstel."
GROTER EN GEWILDER
Die NTE het aansienlik groter en gewilder geword sedert die betrokkenheid en belegging van die hoofborg, Old Mutual, drie jaar gelede.
"Dit is Old Mutual se doelwit is om as 'n verantwoordelike besigheid steeds 'n betekenisvolle bydrae tot die land se maatskaplike, ekonomiese en omgewinstransformasie te lewer. Die NTE, wat deur die nasionale toerismekonferensie voorafgegaan word, sal fokus op die klein goedjies wat in toerisme saak maak," het die uitvoerende groepshoof van Old Mutual, mnr. Kosmas Egumbo, gesê.
"Met die toerismebedryf wat wêreldwyd 'n hoogs mededingende ekonomiese sektor is, voorsien hierdie konferensie belanghebbendes van 'n geleentheid om nie net die kleiner aspekte van bydraes tot die bemarking van Namibië se unieke waarde te bespreek nie. Dit verhoog ook ons inkomende toeriste, sakegeleenthede op klein dorpe, lok meer eweredige geografiese verspreiding van toeristebestemmings en terselfdertyd maak dit voorsiening vir Namibiërs om te reis," het Egumbo gesê.
Hy sê Old Mutual se verbintenis tot die NTE spruit uit sy toewyding om 'n verskil in gemeenskappe te maak waar hulle sake doen.
"Ons het 'n diep verbintenis tot 'n positiewe toekoms wat ons deur ons groot verskeidenheid finansiële dienste en oplossings voorsien, asook deur die monitering van ons omgewingsimpak, die implementering van maatskaplike bemagtigingsprogramme en beleggings in infrastruktuur om te help met ons ekonomiese groei."
Die NTE vier vanjaar sy 20ste jaar en die tema is “Small things matter” met die fokus op bewaring.
Die konferensie spog met 'n verskeidenheid sprekers - plaaslik en internasionaal - wat oor 'n wye reeks bewaringstemas sal gesels.
Registreer vir die konferensie by nte.nmh.com.na en kliek op “konferensie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie