Groot toets vir Geingob
Groot toets vir Geingob

Groot toets vir Geingob

Dani Booysen
Dani Booysen - President Hage Geingob se kabinetskommeling die afgelope Donderdag is positief ontvang in sekere kringe.

Uit ander oorde was daar kritiek en pessimisme.

Die verweer dat die “spelersgroep” waaruit 'n kabinet gekies kan word net só groot (of klein) is, kan nie sonder meer as rede vir 'n gebrek aan nuwe bloed aanvaar word nie. Indien daar net soveel lojale kundiges op Swapo se partylys is, moet die regerende party homself ernstig afvra hoe interne strukture verander kan word om 'n groter groep mensekapitaal te betrek. 'n Gebrek hieraan kan die party in komende jare skaad.

Maar net twee sake om fyn dop te hou, is of mnre. Tom Alweendo en John Mutorwa by onderskeidelik myne en energie en werke en vervoer werklike verandering teweeg gaan bring.

Opnuut het Geingob ontken dat geen politieke wil bestaan om korrupsie tot op die hoogste vlak vas te vat nie. 'n Mens verstaan ook wettige en regverdige prosesse is nodig om hooggeplaastes aan die kaak te stel en teen hulle op te tree.

Om daad by die woord van die “jaar van rekenskap” te voeg, kan 2018 nie verbygaan sonder die openbaarmaking van die uitslae van korrupsie-ondersoeke en leefstyloudits nie – en optrede.

Inteendeel, dit moet binne enkele maande geskied, saam met ander wetgewingspligte wat steeds op die agterbrander sloer.

Die nasie se ontevredenheid gaan net groei indien die verantwoording wat Geingob sedert sy inswering beloof het, nie afgedwing word nie.



So sê ander

10 Februarie 2018



Syria: the suffering grows and the world turns away



After seven years of carnage, at the cost of half a million lives, the violence in Syria is not dwindling but multiplying.

The mighty pursue power, territory and resources, while civilians pay in blood.

The disintegration of Islamic State's self-proclaimed caliphate has thrown these overlapping wars into sharper­ relief. The IS threat is not over, despite­ high-profile captures.

A political solution to the original crisis is more distant than ever.

Russia has discovered that it is easier to bomb a country than bring peace.

As the dangers grow, waves of Syrians­ flee again. In all, half the country's population has been displaced: six million have fled abroad.

The staggering human toll in Syria highlights the urgent need for a decent, humane international response.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!