Groot uitdagings lê in 2015 voor
Alle oë op Geingob om te sien wat sy planne is
Die afgetrede politikus en voormalige ambassadeur na Duitsland, me. Nora Schimming-Chase, sê Namibië sal in 2015 vir alle praktiese doeleindes ’n een party staat wees wat deur demokratiese praktyke tot stand gekom het.
Rol van die opposisie
“Met 77 verkose lede in die Nasionale Vergadering teenoor 19 opposisielede en die bykomende agt lede wat deur die nuwe president aangestel moet word, het Swapo ’n oorweldigende meerderheid.
“Die uitdagings vir beide kante gaan groot wees. Aan die regerende party se kant sal gesien moet word hoe hulle die ander partye kan akkommodeer, op so ’n wyse dat ’n breë uitruiling van menings kan plaasvind.
“Uit die geledere van die opposisie of eerder nie-regerende partye, is dit duidelik dat indien hulle nie ’n reuse-paradigmaskuif maak nie, gaan hulle al hoe minder belangrik word.
“Hier kort ná die verkiesing het binnegevegte in sommige van hierdie partye gewoed. Kyk maar na die Rally for Democracy and Progress (RDP) en die Workers Revolutionary Party (WRP). Eerder as om die situasie te ontleed en te kyk na maniere hoe die land van 'n betekenisvolle en aktiewe opposisie voorsien kan word, inplof hulle.
“Die opposisie is so klein dat hulle super aktief sal moet wees om ’n impak te maak. Kyk maar net na die tweedelesingsdebat van die begroting waar elke party ’n sekere aantal minute spreektyd kry, afhangende van hoeveel lede ’n party in die huis het. Die tyd is nie regverdig verdeel nie. Swapo sal die oorgrote hoeveelheid tyd hê en die opposisie se tyd sal 'n druppel aan die emmer wees. Daar kan tog nie van Swapo-agterbankers verwag word om die kabinet aan te vat en te kritiseer oor die begroting nie.”
Streekraadverkiesings
“Volgende jaar word steekraadverkiesings gehou. Ek weet nie of die kleiner partye die skrif aan die muur gesien het nie. In die verlede was die gekombineerde aantal stemme wat die opposisie in sekere kiesafdelings ontvang het, meer as dié vir Swapo. As gevolg van die tendens dat elkeen op sy eie aan die verkiesing deelneem, wen Swapo kiesafdelings waar dit nie die meerderheid steun geniet nie.
“Die demokrasie wat ons het, is iets wat ons almal wil beskerm. Die regering is net so goed of sleg soos wat die opposisie hom toelaat om te wees.
“In 2015 staar ons polities groot uitdagings in die gesig. In elke demokrasie word diegene wat die leisels oorneem 100 dae gegun waarin die nuwe leiers kans kry om te wys wat hulle kan doen. Ons moet die regering en die opposisie 'n kans gee en slegs teen Junie 2015 sal 'n mens 'n deeglike aanduiding kan kry.”
Sebra-geslagsverteenwoordiging
“Ek lees nou al reeds van sommige ontleders en politieke kenners wat sê vanweë die 50/50 geslagsverdeling in die regerende party se banke, gaan die gehalte van parlementêre werk verlaag. Ek stem nie hiermee saam nie. Indien iemand die Hansard vir die afgelope 25 jaar bestudeer, sal ’n mens duidelik sien dat die bydraes van vroue in die parlement van ’n baie hoë standaard was met menings wat geloofwaardig en ingelig was. Ek kan nie dieselfde vir al die mans sê nie. Daar is goed gekwalifiseerde vrouens wat hul plekke in 2015 in die NV sal inneem. Selfs al is daar 'n vrou wat rou in die parlement inkom, is sy ’n onderwyseres omdat sy na haar kinders moes omsien, ’n minister van finansies omdat sy die geldsake van haar gesin moes behartig en ’n verpleegster omdat sy almal om haar wat siek is, moet versorg.
“Daar is geen gebied waarop vroue nie hul man kan staan nie. Mans, daarenteen, en ek veralgemeen, moet dikwels hof toe geneem word omdat hulle nie onderhoud vir hul kinders betaal nie, maar daar is geen probleem dat hulle parlement toe gaan nie.
“Wat die nuwe president betref, sal ons moet wag ek kyk wie hy as visepresident aanstel en hoe die Kabinet saamgestel sal word. Dit sal 'n goeie aanduiding wees van wat vir die land voorlê.”
President se agt aanstellings
“In die verlede kon die president mense met kundigheid in die Nasionale Vergadering aanstel, maar telkens het hierdie mense net uit die geledere van die regerende party gekom. ’n Mens sal moet wag en sien of die aangewese president hierdie mense uit Swapo kies en of hy mense sal aanstel wat die land en sy mense kan help en ongeag hul partypolitieke affiliasie, 'n positiewe bydrae kan lewer.
“Dit is ’n baie delikate situasie om ’n demokrasie in stand te hou. Daar rus dus ’n baie groter verantwoordelikheid op die skouers van die regering en die uitvoerende magte. Dit gaan beslis ’n baie interessante jaar wees,” het Shimming-Chase gesê.
Mnr. Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) verwag nie dat die aangewese president, dr. Hage Geingob, verreikende veranderinge sal implementeer wanneer hy op 21 Maart ingesweer word nie.
Kontinuïteit
“Swapo se manifes lê groot klem op kontinuïteit sedert die Nujoma- en Pohamba-era. Gevolglik verwag ek dat dr. Hage Geingob se fokus aanvanklik sal wees om die regte span saam te stel wat die Kabinet moet uitmaak en in staat moet wees om Namibië se belangrike sosioëkonomiese uitdagings (hoë werkloosheid veral onder die jeug, hoë vlakke van ongelykheid en wydverspreide armoede) die hoof te bied.
“Hy sal sommige mense van buite die parlement, deur middel van die agt NV-lede wat hy mag aanstel, inbring om sekere verantwoordelikhede te aanvaar. Dit mag sakelui en mense sonder formele bande met die regerende party insluit.”
Moontlike veranderinge
“Dit wil voorkom asof hy ’n nuwe ministerie of agentskap beoog met die spesifieke doel om armoede te bekamp. ’n Ministerie om spesifiek ’n oog te hou oor ondernemings in staatsbesit, is ook ’n moontlikheid. Heelwat van hierdie ondernemings is in ’n finansiële en bestuurskrisis gedompel.
“Geingob het aangedui dat hy die basiese inkomstetoelaag sal oorweeg as manier om die ergste vlakke van armoede te bekamp. Gevolglik verwag ek dat hy hervorming sal oorweeg van Namibië se stelsel van welsynstoelae as deel van die fokus om armoede te verlig.
“Andersins is ek van mening dat hy sal voortgaan om te fokus op die implementering van die Vierde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP4), die diversifisering van die ekonomie en werkskepping. Geingob kom aan bewind op ’n tyd wat Namibië se ekonomie ’n opswaai beleef, met verskeie nuwe myne wat in die eerste jare van sy bewind sal begin met produksie en ’n algemene positiewe sakeklimaat.”
Frustrasie van middelklas en jeug
“Dit mag dalk wees dat hy frustrasie van die middelklas in die gesig kan staar wat vinniger vordering en vooruitgang wil sien en van die jeug wat reken hulle is geregtig op grond en behuising.
“Korrupsie kan sy Achilleshiel wees indien hy toelaat dat dit tydens sy bewind vererger.
“Hy behoort meer aktief met die implementering van beleid as pres. Hifikepunye Pohamba te wees wat ’n rustige en bedaarde president was wat láát in sy tien jaar termyn eers met ’n grootskaalse inisiatief soos die massabehuisingskema vorendag gekom het.
“Geingob sal ook wil seker maak dat hy die politieke kapitaal wat hy verdien het toe hy meer as 80 persent van die steun by die stembus gekry het, doeltreffend aanwend. Op sý ouderdom sal ’n mens verwag dat hy ’n aantal groot teikens in sy eerste vyf jaar termyn sal wil bereik,” het Hopwood gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie