Groot verleentheid vir Theresa May
Groot verleentheid vir Theresa May

Groot verleentheid vir Theresa May

Die Demokratiese Unionisteparty se tien parlementslede gaan saam met die Arbeidersparty teen die regering stem.
Die Britse premier, Theresa May, word deur ’n reuse-verleentheid in die gesig gestaar omdat die Demokratiese Unionisteparty (DUP) van Noord-Ierland vir die eerste keer sedert die algemene verkiesing teen die regering gaan stem.

Die party se tien parlementslede gaan saam met die Arbeidersparty stem teen ’n mosie oor meer geld vir werkers in die nasionale gesondheidsorgstelsel en teen May se planne dat universiteite studentegelde mag verhoog, berig The Telegraph.

Die twee mosies is nie regtens bindend nie omdat dit deur die opposisie voorgestel word, maar is deur die Arbeidersparty gekies om die maksimum politieke skade aan May en die konserwatiewe aan te rig, luidens The Telegraph.

Die konserwatiewe DUP het ná die verkiesing in Junie ’n ooreenkoms met May gesluit nadat die Tories hul volsterkte meerderheid in die parlement verloor het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!