Groot vis kruip vir klubs weg
Hengel
Des Erasmus
Mog dit beter gaan wanneer die Namibiese rots- en strandkampioenskap van 23 tot 25 Maart met Hentiesbaai as basis aangebied gaan word. Dit was die wens van man en muis by die viswaters nadat dit nie goed gegaan het op die eerste interklubkompetisie van die jaar by die wrak van die Winston langs die noordkus nie.
Horingbaai was die plek waar in die voorafgaande weke baie goeie vangste van groot kabeljoue gemaak is. Maar nie op die Saterdag van 18 Februarie by die Winston nie. Hiervoor was die water van die eerste oomblik heeltemal te rof. Gaan dit ook op die nasionale kampioenskap nie goed nie, kan beter dae dalk aanbreek wanneer die volgende interklubkompetisie op 8 April by Horingbaai gehou gaan word.
Ongeag die stand van die water was lede van die vyftien klubs se spanne optimisties toe die kapteins die vorige aand hul gebruiklike vergaderings gehou het.
Op die byeenkoms is 177 visse gevang, 105 van oneetbare spesies en 72 eetbaar. Die gesamentlike gewig van die vangste was meer as 'n ton (1 455,6 kg). Al die visse was op die strand geweeg en gemeet en dan weer terug in die water geplaas.
Die swaarste eetbare vis van die dag was 'n kabeljou van 4,4 kg wat Jan Balt van Seagulls op Walvisbaai inkatrol het. Dit nadat bielies van kabeljoue in die voorafgaande weke die aas gevat het. Op die gebied van oneetbare vis kon niemand Brian Curtis van die Orca-span met sy bronshaai van 62,8 kg klop nie.
Brian Curtis was ook die hengelaar van die dag, gevolg deur André Muller van Welwitschia en Alex Landers van Orca. Die beste spanne van die dag was Orca (1 762 punte), Welwitschia (1 717) en Pengun (1 667).
Carlien Steyn (Welwitschia) was die beste vrouehengelaar, gevolg deur Annelien Langenstrassen (Penguin) en Sue Drake (Mako).
Die beste juniors van die dag was Romin Olivier (Orca), Corné Burger (Penguin) en Rudy Schwartz (Mako).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie