Groot voordeel in Europese toer
Groot voordeel in Europese toer

Groot voordeel in Europese toer

Spelers van die Noorde en die kus is saam met die DTS-meisies op reis.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die vrouehokkiespan van DTS, een van die jongstes in die plaaslike liga, het die naweek op 'n toer van twee weke na Duitsland en Nederland vertrek.

Wedstryde in Frankfurt, Utrecht, Amsterdam en Aachen lê vir die meisies voor. Tussenin is daar ook 'n afspraak vir 'n oefenkliniek met 'n afrigter van Nederland se nasionale vrouespan.

In die pas afgelope Bank Windhoek binnenshuise premierliga het DTS-vroue tweede van onder af, net bo Trustco United, klaargemaak. DTS het egter 'n baie jeugdige span van oorwegend 15- en 16-jariges.

Volgens afrigter Sedtric Makati is daar geen twyfel oor die voordeel wat só 'n toer vir die jong spelers inhou nie.

“Daar is niks beter vir spelers se ontwikkeling as om teen die gedugte spanne van Europa opgeweeg te word nie. Tevore het ek al gesien hoe selfs die mees teruggetrokke spelers ná hul terugkeer in Namibië in leiers op die veld ontwikkel.”

Die wedstryde in Europa sal ook in veldhokkie, eerder as binnenshuise hokkie wees.

Nie net spelers van Windhoek nie, maar ook Outjo, Swakopmund en Walvisbaai is in die toergroep ingesluit. “Spelers van Windhoek het die voordeel dat hulle op die twee Astro-bane in die hoofstad speel en baie vinnig kan aanpas by die vaardighede wat op die vinniger oppervlak vereis word. Die plattelandse spelers sal nou ook spoediger dieselfde vlak kan bereik,” sê Makati, wat oor die afgelope jare feitlik al die spelers in verskillende ouderdomsgroepe afgerig het.

Die 18 spelers, insluitend 'n doelwagter, word deur bykans ewe veel ouers op die toergroep vergesel.

Die toerkoste het grootliks uit die betrokkenes se eie sak gekom, hoewel borge wel bygedra het – soos Nictus Holdings wat vir die speeluitrusting betaal het. Intergate Namibia Integration (INI) het in samewerking met Logo Embroidery warm ­baadjies geskenk.

Die spelersgroep is Arina van Rensburg (kaptein), Zani van Lill (onderkaptein), Nicolé Conradie, Lumé Lambert, Marguerite Wieland (Swakopmund), Marnique van der Merwe (Grootfontein), Estie Brand (Outjo), Anje Kruger, Marné Sowden, Diné van Schalkwyk, Liza Mari van Wyk, Michelle Burger, Anischa Cornelissen, Simoné Theron, Carla Pienaar, Judite Correia (Walvisbaai) en Alissa Botha (doelwagter).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!