Groot walvis op strand by Henties
Des Erasmus - ‘n Boggelrugwalvis is vroeg gisteroggend op sy sandgraf by Solitude net suid van Hentiesbaai aangetref. Die ou grote, van ‘n geskatte meer as 10 meter, het dosyne Hentiesbaaiers voordag na die gewilde seegebied tussen die dorp en die kampeergebied by Jakkalsputz gelok.
Die stertgedeelte van die walvis was toe nog in die vlak water, maar op die oog af het dit gelyk of die vis reeds dood was. Van die nuuskieriges het wel gemeen die see sou die walvis terugsleep wanneer die eerste hoogwater van die dag kom. Sover bekend was dit die eerste walvisstranding van die somermaande.
Walvisse is die afgelope weke gereeld tot naby die waterkant aangetref. Hul eerste verskyning was in die hawegebied van Lüderitz, maar enkele dae later was walvisse in die Walvisbaaise hawe feitlik tot teenaan die kant waar toeriste op dolfyntoere honderde foto’s geneem het.
Intussen het skibootvissers teenoor Swakopmund na snoek begin soek. Snoek slaan as seisoensvis gewoonlik teen die middel van September teenoor Swakopmund uit. Vissers op kommersiële bote het wel laat weet dat in dieper water op skole snoek afgekom is.
Normale gebruik is om so ‘n gestrande walvis te laat lê waar dit uitgespoel het en dit as ’n natuurverskynsel af te maak. Aasdiere van die strand, soos jakkalse en seevoëls, sorg gou dat net die geraamte van die groot vis daar bly lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie