Grootbaas by MTC groet
Augetto Graig - Die telekommunikasie- en sakebedryf het gister gegons oor MTC se besluit om sy besturende direkteur, mnr. Miguel Geraldes, se kontrak te beëindig.
Die skielike nuus is Woensdagmiddag aan personeel oorgedra.
Partye wou nie bevestig of die stap deel is van 'n oënskynlike regeringsbesluit om as die hoofaandeelhouer beheer van die bestuur van Namibië se grootste en uiters winsgewende selfoonmaatskappy te neem nie. Te midde veranderinge in die minderheidsaandeelhouding in MTC doen gerugte reeds vir ’n geruime tyd die ronde dat die regering dalk ook ander aandeelhouers wil uitkoop.
Volgens 'n interne e-pos aan personeel het Geraldes se kontrak ná 'n dienstydperk van nege jaar en ses maande "natuurlik" tot 'n einde gekom. Die hoof tegniese beampte, mnr. Carlos Malab, se kontrak het volgens hierdie e-pos op dieselfde wyse verstryk.
Die voorsitter van die MTC-direksie, mnr. Elvis Nashilongo, het ontken dat Geraldes versoek is om sy kantoor te ontruim. Volgens hom verlaat Geraldes die maatskappy op goeie terme.
Nashilongo wou hom nie uitlaat oor die verband tussen Geraldes se vertrek en veranderinge in eienaarskap nie. Hy het vrae hieroor na Namibia Post and Telecommunication Holdings (NPTH) verwys.
Deur NPTH besit die regering tans 66% van MTC.
Geraldes is oorspronlik deur Portugal Telecom na MTC gesekondeer.
Hierdie maatskappy is later oorgeneem deur die Braziliaanse maatskappy Oi, wat sy aandeelhouding in Africatel ('n eienaar van telkombelange in verskeie Afrika-lande) vanaf 75% tot 86% verhoog het as deel van 'n ooreenkoms met Samba Luxco, wat sy aandele in Africatel van 25% tot 14% verminder het.
Deel van die ooreenkoms, weens die finansiële knyp waarin Oi verkeer, was dat Samba Luxco beheer oor Africatel se 34% aandele in MTC in 'n ruiltransaksie sou verkry. Samba Luxco is 'n filiaal van Helios, wat ook ander belange in Namibië besit.
Die voorsitter van NPTH se direksie, me. Ally Angula, het gesê die moontlike aankoop van hierdie aandele deur die regering is nog nie gefinaliseer nie. Volgens haar is nog geen moontlike finansierders in die verband genader nie.
Volgens 'n 2014-verslag was die 34% aandele in MTC toe meer as N$1 miljard werd.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Tjekero Tweya, wou nie meer inligting oor die jongste verwikkelinge verskaf nie.
Totdat 'n plaasvervanger vir Geraldes aangewys word, sal die maatskappy se finansiële hoofbestuurder, mnr. Thinus Smit, die pos waarneem.
MTC se woordvoerder, mnr. Tim Ekandjo, het gesê 'n mediaverklaring sal vandag oor die besluit uitgereik word.
MTC het sy personeel versoek om hul volledige ondersteuning aan Smit te gee.
“Sake sal soos gewoonlik voortgaan en dus is daar absoluut geen rede om paniekerig te raak nie, omdat ons julle as legendariese MTC-ambassadeurs het,” het Ekandjo aan die personeel geskryf.
Niemand is al aangewys om in Malab se pos waar te neem nie.
Ekandjo het Geraldes geloof vir sy bydrae tot die reusesukses van MTC.
Ook Nashilongo het gesê Geraldes het 'n enorme bydrae tot die maatskappy se groei en ontwikkeling gelewer. Hy het gesê hy is vol vertroue dat Smit die maatskappy se bestuur kan lei tot 'n nuwe besturende direkteur aangestel word.
Cran se 2015-verslag, gebaseer op 2014-syfers, wys dat MTC tot 99% van die totale, uitgaande mobiele telefoonverkeer vir die jaar gedra het. Prakties beteken dit dat MTC 'n monopolie oor selfoonkommunikasie in die land handhaaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie