Grootfontein kry eerste stadsbeplanner
''n Seun uit eie bodem kom huis toe
Mnr. Indileni Lungameni is in Maart vanjaar as Grootfontein se eerste stadsbeplanner aangestel.
Hy is op 19 November 1984 op Grootfontein gebore en het die destydse Junior Sekondêre Skool Friedrich Awaseb in die Omulunga-woonbuurt bygewoon. In 2003 matrikuleer hy aan die Sekondêre Skool Rundu.
Lungameni vertel dat sy gunsteling vakke op skool aardrykskunde en geskiedenis was. In 2004 begin hy met sy studies aan die Politegnikum van Namibië.
“Ek het ‘n loopbaan in beplanning gekies omdat een van my mentors ‘n professionele stads- en streekbeplanner was. Ek was van mening dat beplanning interessant was en iets waarvan ek meer wou leer. Om die harmonieuse menslike aktiwiteite binne ‘n plaaslike owerheid te bevorder en te fasiliteer, gee my groot tevredenheid. Die beroep bied my ook die geleentheid om in die toekoms, nadat ek voldoende waardevolle ondervinding opgedoen het, konsultasies te kan doen. Dit sal my droom verwesentlik,” sê Lungameni.
Na voltooiing van sy studies aan die Politegnikum van Namibië, het hy 'n internskap by die Walvisbaai munisipaliteit deurloop waarna hy in 2008 as amptenaar in die stadsbeplanningskantoor op die kusdorp aangestel is.
In Maart 2010 is hy as die eerste stadsbeplanner van Nkurenkuru aangestel voor hy op 1 Maart diens op Grootfontein aanvaar het.
" Grootfontein is 'n dorp wat vorentoe beweeg en die potensiaal het om een van die beste en mees lewenskragtige dorpe in Namibië te word. Die feite is dat Grootfontein strategies op die Trans-Zambezi-hoofweg, in die hartjie van die mieliedriehoek en in die omgewing van onbenutte minerale rykdom geleë is.
" Die feit dat ek op Grootfontein gebore is, het my teruggetrek na die dorp om hier 'n betekenisvolle bydrae te kom maak in die dorp wat ek as my tuiste beskou," vertel Lungameni.
Hy wil graag sien dat die dorp 'n omgewing skep wat vriendelik vir beleggers en regeringsagentskappe is om hulle op die dorp te vestig. Dit kan volgens kom geskied by wyse van behoorlike dorpsbeplanning, grondbestuur en die totstandkoming van voldoende woonbuurte. Aangesien hy jonk en ambisieus is, meen hy hy is die regte man op die regte tyd en plek om die drome vir Grootfontein te help verwesentlik.
Lungameni wil graag die publiek bewus maak en deelname aan die beplanningstatute, beleidsrigtings en riglyne vir die dorp verseker. " Dit is net deur middel van openbare bewuswording en deelname dat behoorlike dorpsbeplanning en grondbestuur kan plaasvind. Ek wil ook verseker dat Grootfontein voldoende grond het om in die ontwikkelingsbehoeftes van die gemeenskap te voorsien.”
Sy raad aan jongmense is om ‘n beroepsrigting te volg waarvoor hulle ‘n passie het. “Moenie dat enigiemand of enige struikelblokke in jul pad staan om jul volle potensiaal te bereik nie. Bo alles moet jong mense daarna streef om iets vir hulself en hul gemeenskappe te beteken, hetsy in sport, in die sakewêreld of wat opvoeding betref,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie