Grootfontein Oesfees 'n reusesukses

Gerine Hoff
Die jaarlikse Oesfees wat onlangs op Grootfontein plaasgevind het, is deur ongeveer 500 mense bygewoon.
“Die dag het begin met die fietsryers wat reeds vroeg weggespring het en waaraan twee Europeërs wat met hul fietse deur die land getoer het, ook deelgeneem het,” het mnr. Willem Enslin van die reëlingskomitee gesê.
“Twaalf spoggerige Old Wheelers is vertoon en die moeite wat gedoen is om hulle in so ’n uitsonderlike toestand te hou, was opmerklik.”
Enslin het gesê die jongklomp is vermaak met boog-, skyfskiet, ’n sterkman-kompetisie en oom Cris (korr) en sy treintjie wat ritte ten bate van kankernavorsing aangebied het.
“Die Agri College het ’n goeie inkomste verdien uit hul kos- en drankverkope, en die vroue almal verbaas het met hul uitsonderlike versierings terwyl die ‘fotoboom’ met sy mielieboer-foto’s treffend en uniek was,” sê Enslin.
Die aanbiedings oor diversifikasie en risikovermindering is deur ongeveer 70 boere bygewoon. Hier het dr. Willem Landman se weervoorspelling vir 2016 daarop gedui dat ’n droogte op pad is, en mnr. Pieter Zensie se lesing het produsente gemaan om in die komende seisoen ’n konserwatiewe benadering te volg.
Ander temas wat gedek is, het lesings oor graansorghum, besproeiing, lesse geleer met spilpunte en besproeiing met behulp van sonkrag, ingesluit. Monsanto en Pioneer het by die tema aangesluit en hul verskillende kultivars vir droogtes bespreek.
Mnr. Klaas Malan het gewaarsku dat boere se grondwater vir Windhoek weggepomp gaan word indien hulle nie sterk kapsie maak nie, terwyl mnr. Claud Moller boere gewys het op die noodsaaklikheid van hoop en hoe om dit te behou.
“Die verrassing van die dag was Jak de Priester en Tiaan die Koekedoor. Hulle vertoning was uitstekend, en Jak is werklik ’n formidabele liedjieskrywer,” het Enslin gesê.
Nog ’n hoogtepunt was dat Michael Coetzee is as Mej. Oesfees gekroon is uit ’n groep van sewe finaliste, terwyl die Coetzee-egpaar as Mieliekonings vereer is.
Saam met Just Jack het besoekers die nag omgesing en hulself moeg gedans.
Sondagoggend het mnr. Louis Steyn met sy trekker gehelp om die terrein vinnig op te ruim.
“Ons dank aan al die borge en besoekers vir hul ondersteuning,” het Enslin afgesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!