Grootfontein se ‘broederskap’ knak United
Die noordespan het gewis hul voete gevind in die premierliga, terwyl FNB Unam ná ’n wegholsege teen Reho Falcon nou die pas aangee.
Die rugbyklub FNB Grootfontein se eerste oorwinning van die Namibië Rugby-unie se premierliga-seisoen 2021 is gewis nie ’n groot verrassing vir enigiemand wat die noordespan die afgelope twee jaar dopgehou het nie.
Die heersende titelhouer Trustco United, kampioen van 2019, kon Saterdag op sy tuisveld nie met Grootfontein huishou nie. Die noordespan het met 41-31 gewen nadat hy rustyd reeds met 31-14 voorgeloop het.
Grootfontein se flank en kaptein Wikus Jacobs sê die broederskap tussen die spanlede is ’n belangrike deel van Saterdag se sukses. Sy span wat in 2019 op indrukwekkende wyse die NRU eersteliga gewen het, het vanjaar sy toetrede tot die premierliga gemaak en het sover twee uit drie gewen.
Met ses drieë teen vier het Grootfontein boonop ’n bonuspunt bygevoeg om hom na dese in die vierde posisie uit agt spanne te bevind.
Jacobs het agterna aan die nuusagentskap Nampa gesê hul fokus vanjaar is om die broederskap te bou en die nodige struktuur vir sukses te skep.
“Ons vat een wedstryd op ’n slag. Ons glo kameraadskap kan jou in rugby ver bring en ons strewe is om rugbyb in die noorde van die land te laat herleef soos in die vorige jare, toe die gebied soveel goeie spelers opgelewer het. Ons wil rugby laat groei.”
Jacobs sê die oorwinning teen United is een van hul grootste prestasies tot dusver. “Ons het onsself hard gedruk vir die oorwinning, maar gee krediet aan United wat die wedstryd in ’n goeie gees gespeel het.”
Die Grootfonteiners het reeds in die tweede minuut ’n drie deur die buitesenter Louis Grobbelaar behaal, wat deur heelagter Ronald Deck verdoel is.
Skrumskakel Jan-Harm Cronje was in die sesde minuut hul volgende driedrukker, met Deck wat opnuut raak gekorrel het.
Die tuisspan het wakker geskrik om ná tien minute ’n drie vir die vleuel Darryl Vries te skep, wat deur Nazume Swartz verdoel is.
Ná 12 minute het Deck ’n strafdoel deur die pale gestuur, voordat United in die 25ste minuut teruggekap het met ’n drie deur hul senter en kaptein Henry Kandjou, wat Swartz opnuut verdoel.
Met twee drieë kort voor rustyd – deur Grobbelaar en kaptein Jacobs, beide verdoel deur Deck – het Grootfontein hul bedoelings duidelik laat blyk (31-14).
United moes uiteraard reageer en was volgende op die telbordmet ’n drie deur skrumskakel Riaan van Zyl, wat Swartz verdoel voordat hy nog ’n strafdoel nog drie punte ingehaal het.
Die hardwerkende Grootfontein het egter met hul vyfde drie deur losskakel Siegfried Potgieter hul oorhand beklemtoon. Sy eweknie Hanreco van Zyl was een van United se beter presteerders en is met ’n verdoelde drie ná 74 minute beloon.
Potgieter se tweede drie in die doodsnikke, verdoel deur Deck, het egter die verdedigende kampioene se lot verseël, wat met hierdie uitslag na die sesde posisie teruggesak het.
UNAM ROL OOR FALCON
FNB Universiteit het opnuut gewys hoekom hy sedert sy geskiedkundige ligatriomf in 2015 jaarliks die toonaangewende span is wat geklop moet word.
Die studentespan onder aanvoering van die klipharde flank Prince !Gaoseb het sy wegwedstryd teen FNB Reho Falcon met ’n wegholsege van 83-16 (rustyd 38-9).
Ná drie wedstryde elk is Unam na dese die voorloper op die puntelys, met 15 punte teenoor FNB Western Suburbs (12), FNB Wanderers (11), Grootfontein (11), Rehoboth (9), United (5), Kudus (1) en Reho Falcon (1).
Unam het altesame 13 drieë ingeryg, terwyl heelagter Lorenzo Louis se nege doelskoppe hom 18 punte vir die dag besorg het. Die driedrukkers was die vleuels Oderich Mouton (2), Shareave Titus en Chad Plato (plaasvervanger), senter Darryl Wellman (2), losskakel Johannes Mwenyo, skrumskakel Sunday Haitembu, flanke Berry Gande en Gilad Plaatjies (2), asook die slotte Simon Haitembu en Max Katjijeko.
SUBURBS HOU TEMPO HOOG
FNB Western Suburbs se tuisoorwinning met 48-3 teen FNB Kudus van Walvisbaai het duidelik gewys hoeveel werk vir Kudus en hul afrigter Henry Kemp voorlê indien hulle ’n kompeterende vertoning in hul oorblywende wedstryde wil lewer.
Kudus, wat boonop die vaskopstut Hauta Veii (knie) en binnesenter Chessbrough Lawrence (skouer) met beserings verloor het, se fiksheid het hulle op ’n sonnige dag in Khomasdal reeds in die eerste helfte in die steek begin laat toe Suburbs se vinnige tempo hul voorspelers lang ente laat stap het.
Met die laaste beweging van die wedstryd het Suburbs hul sewende drie vir dag gedruk, om te verseker hulle kry die maksimum van ses ligapunte.
Die volledige wedstrydverslag vir die Khomasdal-wedstryd is binne in Sport Wrap.
• Vir tellings, wedstrydbepalings, nuusberigte en die puntestand van die NRU premierliga en reserweliga, besoek gerus www.fnbrugby.my.na.
– [email protected] en Nampa
FOTO’s
Jona Strijbis, sesflank van FNB Grootfontein, op ’n stormloop in Saterdag se oorwinning teen Trustco United. Foto Hesron Kapanga, Nampa
Amutenya Amutenya, stut van FNB Grootfontein, trek twee verdedigers van Trustco United en stuur die bal wys. Foto Hesron Kapanga, Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie