Grootfonteiner trek los met twee titels
Boogskiet
Tielman van Lill – Babette Taljaard, nasionale skutter met die saamgestelde boog, het die afgelope naweek beide senior nasionale Namibiese boogskiettitels in Swakopmund opgeraap.
Die Grootfonteiner het Namibië in 2013 by die wêreldjeugkampioenskap in Wuxi, China, asook die junior en senior Afrika-kampioenskappe in Windhoek (2016) en Luxor, Egipte (2014) verteenwoordig. Die 2017 wêreldjeugkampioenskap in Rosario, Argentinië en die 2019 senior wêreldkampioenskap by Hertogenbosch, Nederland, was haar laaste vertonings in nasionale kleure.
“Die wind het Saterdag verskriklik wild en sterk gewaai toe ons die 720-ronde buite moes afhandel. Dus het ons almal geweet dit gaan onmoontlik wees om enige Namibiese rekord skrik te maak.
“Ondanks die ongure wind was die gees onder die deelnemers gemoedelik. Dit het maar geknetter met die skiet, want dit verg al jou fokus net om die teiken te tref, wat nog te sê van die middel!
“Ná die twee 720-uitdunrondes was dit ek en Jacquiline Coetzee van Swakopmund-klub in die finaal. Die wind het ons beide se tellings benadeel, maar ek was gelukkig om die goud te vat,” vertel Taljaard aan Republikein.
Die binnenshuise kampioenskap is die volgende dag afgehandel, waar Taljaard opnuut haar slag gewys het.
“Vir Sondag se Namibiese binnenshuise titel moes ons twee rondes van dertig pyle skiet vir 'n telling uit 300 punte. Met my eerste ronde het ek 278 geskiet wat nie te sleg is nie, maar ook nie as goed kwalifiseer nie.
“In my tweede ronde was ek uiteindelik opgewarm en het dit beter gegaan en behaal ek 285, wat redelik goed is. Ek en Jacquiline het weer vir die finaal gekwalifiseer. Genadiglik het ons vooraf 'n ruskans gekry, want die mans moes eers hul twee eerste rondes afhandel.
“Om so teen mekaar in die finaal te kompeteer, is altyd 'n bewerige storie en mens kry vreemde hartkloppings van opgewondenheid. Maar dit is ook van gesonde spanning om teen jou teenstander vir die goud- en silwermedalje uit te skiet.
“Die binnenshuise eindstryd behels vyf rondes met drie pyle elk (uit 150 punte). Ek het 147 behaal en Jacquiline 140, wat ook uitstekend vir 'n binnenshuise kompetisie is.
“Op albei dae was daar 'n Robin Spot-oomblik met 'n prys vir die skutter wat die naaste aan die X in die middel skiet. Dié toekenning geld normaalweg in vier klasse (senior mans en vroue, asook junior meisies en seuns).
“Jacquiline het op beide dae die naaste aan die middel geskiet. Ek is so verheug en trots op haar, want dit was die eerste keer wat sy dit gewen het. Ek weet hoe lekker dit voel om dié toekenning te ontvang, daarom is ek bly om haar onthalwe dat sy beide kon inpalm.
“Ná die afgelope jaar se dinge en harde oefening, was dié 'n vreeslike lekker kampioenskap. Ek sien uit na die volgende kompetisies om weer my mense te sien en die lekker gees te ervaar,” het die kampioen afgesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie