'Grootse All Black' sterf op 81

Rugby
Huldeblyke het gister van oor die wêreld ingestroom nadat bekend gemaak is dat die All Black-rugbylegende Colin (Pinetree) Meads in die ouderdom van 81 sy stryd teen pankreaskanker verloor het.

Kanker is verlede jaar gediagnoseer by Meads, wat in 1999 as Nieu-Seeland se beste rugbyspeler van die 20ste eeu aangewys is. Hy het gisteroggend in sy huis in Te Kuiti beswyk.

Meads se belangrikheid vir die land is onderstreep deurdat die Nieu-Seelandse premier, Bill English, sy heengaan aangekondig het.

“Dis ’n hartseer dag vir Nieu-Seelandse rugby en Nieu-Seeland as ’n nasie,” het English in ’n verklaring gesê. “Hy was nie alleen ’n manjifieke All Black nie – die beste wat nóg die swart trui gedra het – hy was ook ’n uitsonderlike Nieu-Seelander, ’n Kiwi in murg en been.”English het gesê Meads het die waardes van ’n ware Nieu-Seelander verteenwoordig. “Hy was sonder fieterjasies en was ’n betroubare, hardwerkende, aangename en grootmoedige mens wat altyd tyd vir ander gehad het.”

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het namens die Meads-familie hul dank vir al die boodskappe van ondersteuning en simpatie betuig.

“My pa het ’n vol lewe gelei,” het sy jongste dogter, Shelley Mitchell, gesê. “Hy was gek daaroor om ’n All Black te wees en hy was ’n onverbeterlike gesinsman. Ons sal hom verskriklik mis.”

Meads, wat vanweë sy stewige liggaamsbou op ’n jong ouderdom die bynaam Pinetree gekry het, was bekend om sy klipharde, onverbiddelike inklimspel op die veld. Sy loopbaan het 14 jaar geduur. Hy het die All Blacks in 133 wedstryd verteenwoordig en 55 daarvan was toetse.

Die lenige Kiwi het die standaard gestel vir toekomstige All Black-voorspelers: taai, hard, vlugvoetig en met verbluffende hanteringsvaardighede. Hy was sy tyd ver vooruit wat die vaardighede van vaste voorspelers betref.Sy dood het dié land, waar rugby bykans verafgod word, soos ’n voorhamerhou getref.

Meads is dood ’n paar uur nadat sy geliefde All Blacks die openingstoets van vanjaar se rugbykampioenskapsreeks teen Australië met 54-34 in Sydney gewen het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!