Grootste kragskok in vier jaar
Grootste kragskok in vier jaar

Grootste kragskok in vier jaar

Dani Booysen
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het vandag 'n verhoging in grootmaat elektrisiteitspryse van 16,71% aan NamPower toegestaan.
Dit is die grootste verhoging in vier jaar.
In 2012 is 17,2% toegestaan en in 2011 'n verhoging van 18,28%.
NamPower het vir 'n aansienlik groter verhoging van 31,42% gevra om die prys van krag, soos lankal voorgeskryf word, gelykstaande aan die werklike koste te maak.
'n Bedrag van N$50 miljoen is deur die ministerie van myne en energie uit die energiefonds bewillig om prysskokke op verbruikers te verlig.
Die verhoogde pryse tree vanaf 1 Julie in werking. Plaaslike owerhede en streekverspreiders moet toestemming by die ECB kry vir enige bykomende verhogings tot die nuwe grootmaatprys.
Lees meer in môre se Republikein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!