Grootste kragskok in vier jaar
Die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) het gister ’n verhoging in die grootmaatelektrisiteitsprys van 16,71% aan NamPower toegestaan. Dit is die grootste verhoging in vier jaar.
In 2012 is 17,2% toegestaan en in 2011 ’n verhoging van 18,28%. NamPower het vir ’n aansienlik groter verhoging van 31,24% gevra om die prys van krag (van N$1,28 tot N$1,68 per kilowatt), soos lankal voorgeskryf word, gelykstaande aan die werklike koste te maak.
’n Bedrag van N$50 miljoen is deur die ministerie van myne en energie uit die energiefonds bewillig om prysskokke op verbruikers te verlig. Die verhoogde pryse tree vanaf 1 Julie in werking. Plaaslike owerhede en streekverspreiders moet toestemming vir enige bykomende verhogings tot die nuwe grootmaatprys by die ECB kry.
Volgens ’n verklaring deur die elektrisiteitsbeheerrraad (ECB) is van die redes wat deur NamPower vir die verhogings aangevoer is, dat die verhoogde koste grootliks aan die onverwagte depresiasie van die Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse dollar toe te skryf is.
Voorts moet eletrisiteitstariewe die huidige en toekomstige uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening weerspieël asook die kapitale uitbreidings wat nodig is om Visie 2030, soos ondersteun deur die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf, te laat realiseer.
Die tariefverhoging is ook nodig om te verseker dat NamPower sy skuld delg en nie met die terugbetaling van lenings agterstallig raak nie.
NamPower gee die versekering dat die tariefverhoging op ’n jaar-tot-jaar-grondslag net werklike koste en verliese in berekening bring.
Die ECB verduidelik voorts dat die beheerraad se besluit om verhoogde tariewe toe te staan, in pas is met ’n kabinetsbesluit in 2005 en daarna dat NamPower se verhogings die werklike verhogings in die mark moet weerspieël sodat kostedoeltreffende tariefvlakke teen 2011-2012 bereik kan word.
’n Besluit is deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se ministers belas met energie in Februarie 2008 in Lusaka, Zambië geneem om teen 2013 tariewe wat die koste weerspieël te bereik. Die teiken is later tot 2019 aangepas.
Volgens die verklaring gaan Namibië voort om ’n groot gedeelte van die elektrisiteit wat benodig word, in te voer. Met tye word soveel as 70 persent van die elektriteit ingevoer.
Die regering het intussen begin om ’n nasionale geïntegreerde hulpbronplan, ’n energiebeleid en ’n beleid op onafhanklike elektisiteitsproduksie vir hernubare energie te ontwikkel.
Altesaam 14 onafhanklike kragprodusente het reeds verkoopsooreenkomste met NamPower aangegaan om binne die volgende 18 maande 70 Megawatt te verskaf.
Hierdie vier onafhanklike verskaffers sal ongeveer N$1,6 miljard in die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf belê. Die eerste van hierdie onafhanklike elektriteitsprodusente, HopSol Otjiwarongo, het reeds op 28 Junie met produksie begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie