Grootste PV-aanleg lewer skoon krag
Bedrywighede het einde Junie by die grootste netwerk-verbinde fotovoltaïese (PV) aanleg in Namibië begin nadat HopSol werk by die Otjozondjupa Solar Park buite Grootfontein voltooi het.
Dié aanleg is die eerste voltooide projek van altesame 14 wat deel is van NamPower se REFIT-program en ten doel het om hernubare energie-oplossings te bied om in die land se kragaanvraag te voorsien.
Die aanleg is deur HopSol opgerig en het werk aan sowat 40 inwoners van die omgewing verskaf deur die loop van die drie maandelange konstruksietydperk. Nog 10 plaaslike inwoners is permanent by die aanleg aangestel.
Die 5MW (PV) kragaanleg voorsien in sowat 1% van die land se totale opwekkingskapasiteit. Die projek verskaf bykans 14 000 megawatt-uur se krag per jaar aan NamPower, wat genoeg is om 3 700 gemiddelde huishoudings in Namibië van krag te voorsien.
Die land het tans ’n totale opwekkingskapasiteit van sowat 500MW en voer meer as die helfte van sy krag van die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) in.
Die PV-aanleg bestaan uit 52 000 “dunfilm solarmodules” van First Solar, ’n Amerikaanse maatskappy wat die wêreldleier van dié tegnologie is. Die sonpanele is gemonteer op ’n enkel-as opsporingstelsel van die Duitse maatskappy IdeemTec om energievelde te maksimaliseer, terwyl SMA – ook van Duitsland – hoë gehalte omsetter-tegnologie voorsien.
Hierdie aanleg bestaan uit die mees eko-doeltreffende PV-tegnologie, met die laagste omgewingsimpak van enige aard hernubare tegnologie.
“Ons het betroubare tegnologie gesoek wat sou gedy in Namibië se hoë temperature wat algemeen is in die somermaande, maar wat ook krag sou kon voorsien in bewolkte omstandighede,” het dr. Robert Hopperdietzel van HopSol gesê oor sy besluit op First Solar se tegnologie. “Eintlik, gegrond op ons ondervinding in sonkrag, sal dié modules meer energie in Namibië kan oplewer as konvensionele polikristallyn PV-panele,” het hy gesê.
Die aanleg sal veilige en skoon PV-energie verskaf en maak Namibië se afhanklikheid van die invoer van krag minder.
Met sy kleinste koolstofvoetspoor, die minimale gebruik van water en die vinnigste energie-terugbetalingstyd in die bedryf, voorsien die dun-film PV-modules ’n volhoubare oplossing tot klimaatsverandering, watertekorte en energiesekuriteit. Die Otjozondjupa Solar Park demonstreer dus daadwerklik die rol wat koste-effektiewe sonkrag kan speel in ’n onafhanklike kragproduksie-ekostelsel.
HopSol het verlede jaar ’n ander 5MW-sonkragaanleg op Otjiwarongo in werking gestel wat sedertdien skoon en betroubare energie daar verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie