u2018Grootste ramp dreig in Siriu00ebu2019
u2018Grootste ramp dreig in Siriu00ebu2019

‘Grootste ramp dreig in Sirië’

Aboe Jassim sê dit is die soveelste keer dat hy en sy gesin dakloos gelaat is in die oorlog.
Siriërs wat uit die geweldgeteisterde Idlib vlug, het in hul hordes by dorpies naby die Turkse grens aangekom.

Hulle vlug uit vrees dat die regering ’n volskaalse bomaanval op Idlib gaan loods.

Meer as 30 000 mense het hul huise in die noordweste van Sirië verlaat sedert die weermag en sy geallieerde magte verlede week met bombardemente begin het.

Die Verenigde Nasies se kantoor vir humanitêre aangeleenthede (Ocha) sê ’n militêre aanval kan tot die grootste humanitêre ramp in die 21ste eeu lei. Tot 800 000 mense kan dakloos gelaat word, berig Reuters.

Ali al-Mhejmid (50) wat met sy familie uit Idlib gevlug het, sê die vernietiging is oral sigbaar en sommige mense vlug met net komberse en kos.

Dié vlugtelinge woon nou in tente in ’n tydelike nedersetting wat hulle huur. “Mense hoop hulle is veiliger hier, maar net God weet wat kom volgende.”

David Swanson, woordvoerder van Ocha, het aan AFP gesê die toename in geweld is kommerwekkend.

Volgens die Daily Maverick het mans op motorfietse Maandag gevlug terwyl hul kinders dosyne skape weglei.

DAKLOOS GELAAT

Aboe Jassim sê dit is die soveelste keer dat hy en sy gesin dakloos gelaat is in die oorlog.

“Vuurpyle het op ons neergereën, toe vlug ons met ons kudde. Ek het 30 skape. Ek benodig elke dag water, hooi en semels om hulle te voer. Ons gaan waar ook al dit veilig is.”

The Independent berig meer as ’n miljoen mense is dood en miljoene ander is ontwrig in die Siriese oorlog wat al sewe jaar lank woed.

Die skole in Idlib wat deur die rebelle bestuur word, het klasse opgeskort.

Drie hospitale, twee geboue van die Siriese rebelle en ’n ambulans is op 6 September deur bomme getref.

Luidens mediaberigte uit Sirië is 20 000 lede van die rebellemagte gereed om Idlib teen die regering se aanvalle te verdedig. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!