Grootste teepartytjie vir kanker
Tanja Bause – Ses jaar gelede het vyf vroue besluit om die eerste Namibia Biggest Tea Party 4 Hope (NBT4Hope) te reël om geld vir organisasies wat mense met kanker help, te ondersteun.
Volgens me. Anthea Mcleod het haar vriendin me. Violette Mureko iemand aan kanker verloor.
“Sy het gesê sy wil graag help en ’n verskil maak. Ek was onmiddellik geïnteresseerd omdat die vrou wat gesterf het my niggie was en ek haar stryd beleef het. Die ander drie vroue was vriendinne van ons wat haar ook geken het.”
Mcleod, Mureko en ’n nuwe lid me. Dina Tjahere het dié jaar weer ’n teepartytjie gereël. Dit vind op 9 Oktober by die Sekondêre Skool David Bezuidenhout in Khomasdal plaas.
“Ons het elke jaar ’n tent opgeslaan en die gaste het by tafels gesit en na die spreker en vermaak geluister. Vanjaar weens Covid-19 het ons besluit om ’n piekniek te hou. Mense moet hul eie piekniekmandjies bring. Die tema die jaar is ‘Wit en glitter’.”
Soos elke jaar is daar natuurlik ook ’n prys vir die mooiste en uitspattigste hoed op die spel.
Me. Mona-Liza Khoeses-Hayes, ’n fisioterapeut gaan oor vrouegesondheid en kanker praat. Dessert Queen, Sleek the Comedian en Kizambo sal vir die vermaak sorg.
NBT4Hope reël nie net elke jaar die geldinsamelingsveldtog nie; hulle praat ook gereeld met mense in die gemeenskap oor kanker, verskaf inligting en ondersteuning.
Kaartjies vir NBT4Hope beloop N$180 en kan by 081 274 1101, 081 331 8478 of 081 590 4030 gekoop word. Registrasie begin om 15:00 en die verrigtinge is vanaf 16:00 tot 18:30.
– [email protected]
FOTO's
Me. Anthea Mcleod (middel) een van die organiseerders van Namibias Biggest Tea Party 4 Hope saam met gaste. Foto verskaf
Me. Violette Mureko oorhandig verlede jaar se ingesamelde geld aan dr. Anelle Zietzman. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie