Grootvoet-avontuur vir ma's
10 vroue, 10 dae, olifante en een rivier
Hul missie was om na woestynaangepaste olifante te soek, onder die sterre te slaap en om die kampvuur te lag en gesels.
Dié Matriarge-avontuur is aangebied en gelei deur Catherine Edsell, wat in Londen, Engeland, gebore is en haar kinderjare ook daar deurgebring het.
“My liefde vir teater, musiek en kreatiwiteit het my genoop om 'n graad in kreatiewe kuns te doen, maar die eentonige Britse weer en 'n baie frustrerende jaar by die werk het my na 'n warmer klimaat gedryf. Dis hoe my lus vir avontuur en reis gebore is,” het Catherine gesê.
Sy sê ervarings inspireer haar en sy glo dis beter om iets self te doen as om daarvan in 'n boek te lees.
“Ek het begin om ekspedisies in Costa Rica te lei, waar ek toe gewoon en gewerk het. Mense het my kom vra of ek hulle in die oerwoud in kan vat. Ek kón en ek hét.”
Later het sy saam met vriende lang togte deur die Himalajas onderneem.
“'n Byna noodlottige ongeluk in Ladakh, in die noorde van Indië, het daartoe gelei dat ek baie oor leierskap in die berge geleer het. My passie vir bewaring, gevestigde leierskapsvaardighede en vorige ervaring in 'n verskeidenheid omgewings het beteken om ekspedisieleier te wees, was die perfekte werk vir my,” het Catherine gesê.
Volgens haar was dit aanvanklik baie moeilik om aanvaar te word in die wêreld van ekspedisieleiers wat deur mans oorheers word.
“Gelukkig is ek baie diplomaties en laat my nie deur ander mense se vooroordele onderkry nie. Ek het die erkenning wat ek verdien het, gekry deur voortdurend op te daag, my werk goed te doen, goeie besluite te neem en deur fisieke en geestelike stabiliteit te toon.”
Ná die geboorte van haar twee dogters het Catherine vasgevang gevoel. Omdat sy in die oerwoud gewerk het, kon sy nie meer werk nie.
“Op my 38ste verjaardag het my boetie vir my 'n selfgemaakte kaartjie gegee. Op die kaartjie het gestaan 'Ek wou uitgaan en die wêreld verander, maar ek kon nie 'n baba-oppasser kry nie'. Dit was veronderstel om snaaks te wees, maar dit was nie, dit was my werklikheid in daardie stadium van my lewe en ek het in trane uitgebars.
“Ekspedisies was my lewe. Tydens 'n ekspedisie kon ek amper alles doen. Ek was sterk en gesond. By die huis het dit gevoel of die wêreld vergaan as die skottelgoedwasser nie werk nie.”
Twee jaar later het die kaartjie weer opgeduik en dié keer het Catherine dit op die yskas geplak sodat sy kon ophou om verskonings uit te dink om nie haar lewe as ekspedisieleier voort te sit nie.
“Die omstandighede was presies dieselfde: Ek het steeds twee kinders gehad en geen baba-oppasser nie. Maar ek moes 'n verandering maak.”
Sy het toe met haar twee dogters Thailand toe gegaan en by 'n olifantreservaat gaan werk.
“Ek is daar as duikinstrukteur opgelei en het ekspedisies na die koraalrif begin lei. Dit was perfek: My kinders het met die plaaslike kinders op die strand gespeel en ek het weer ekspedisies gelei.”
Terug in Engeland het Catherine deur gesprekke met ander ma's besef baie van hulle voel in hul daaglikse bestaan vasgevang.
“Jy is so gelukkig, ons bly net heeltyd by die huis. Ons is vasgevang in ons daaglikse roetine, terwyl jy avontuur beleef,” het die vroue aan haar gesê.
Catherine het toe besluit om haar wêreld vir dié vroue oop te maak.
Een aand, terwyl sy met 'n vriendin gesels, het Catherine een van haar ou notaboeke opgediep.
“Op die eerste bladsy het ek op notas afgekom wat ek baie lank gelede geskryf het. Notas oor 'n matriargale gemeenskap, wat ek gedurende die reis van my lewe gemaak het toe ek woestynaangepaste olifante in die Ugabrivier in Namibië gevolg het. Net daar het ek besluit om die Matriarge-avontuur van stapel te stuur. 'Matriarge-avontuur', want olifante is seker die mees ikoniese matriarge ter wêreld,” het sy gesê.
Catherine het die spesifieke notas in 2002 gemaak toe sy vir die eerste keer saam met Raleigh International dié avontuur- en bewaringsekspedisie Namibië toe gelei het.
“Ons het 700 km in drie maande deur die riviere en dale van die Huab- en Ugabriviere geloop. Ons het Elephant Human Relations Aid (EHRA) ondersteun. Ons moes ons weg deur middel van GPS-koördinate vind, asook ons water vir die volgende dag. Op 'n dag het ons die plek waar die watervoorraad moes wees, gevind, maar in plaas van twee waterkanne het ons 'n donker vlek op die grond aangetref. Iemand het die wegsteekplek voor ons ontdek, die water uitgegooi en die kanne gesteel. Ek het steeds op dié omgewing en die land verlief geraak en het belowe om terug te keer. Die Matriarge-avontuur was die perfekte geleentheid om soontoe en na die olifante terug te keer,” het Catherine gesê.
“Ek wou my wêreld van avontuur en bewaring met ander vroue deel wat, soos ek, in hul alledaagse lewe vasgekeer gevoel het. Vroue wat, soos ek, klein kinders by die huis het en geen tyd vir hulself het nie. Vroue wat die lewe, werk, huishouding, kinders en verhoudings alles op een slag moet hanteer en geen tyd vir hul eie passies oor het nie.”
Catherine sê sy het 'n e-pos aan al haar vriendinne gestuur om hulle van die Matriarge-avontuur te vertel en het hulle gevra om dit ook aan te stuur.
Haar boodskap het as volg gelees: “Tien dae, tien vroue van alle ouderdomme en agtergronde saam in die Ugabrivier. Ons gaan soggens met sonsopkoms joga doen, onder die eindelose sterrehemel slaap en om die kampvuur lag en gesels. Ons gaan Namibiese vroue ontmoet en hul stories hoor. Ons gaan woestynaangepaste olifante soek en so ver moontlik probeer wegkom van alles wat aan ons bekend is. ”
Agt weke ná sy die e-pos uitgestuur het, het Catherine haarself saam met 10 vroue op die oewer van die Ugabrivier bevind.
Dit was in Maart verlede jaar.
Catherine is deur belangstellende vroue oorval en die tweede ekspedisie is in November onderneem.
“Die voordeel van so 'n ekspedisie is dat jy die geleentheid het om jouself weer te herontdek. Niemand ken jou of jou agtergrond nie. Jy het die kans om net jy te wees. Om uit jou maag te lag soos in jou kinderdae.
“Dit was die eerste keer dat ek 'n groep wat net uit vroue bestaan het op 'n ekspedisie gevat het. Dit was wonderlik en het 'n heel ander energie gehad. Daar was geen kompetisie, geen afleiding, en geen grootpratery nie – net solidariteit, deernis met mekaar en baie gelag,” het sy gesê.
Volgens haar maak die afwesigheid van mans in die groep 'n groot verskil.
“Daar's niemand om te beïndruk nie, niemand met wie jy wil flankeer of wat jou aandag aftrek nie. Ons was almal gou met stof bedek en ons hare was 'n gemors en niemand het omgegee nie. Ons het elke dag aangepak en in die oomblik geleef.”
Volgens Catherine kan enige vrou deel word van dié avontuur.
“Vroue van 25 tot 71 jaar het al deelgeneem. Ons het vroue van verskillende agtergronde wat aan die Matriarge-avontuur deelneem, wat insluit verpleegsters, bankiers en voltydse tuisblyma's.”
Catherine sê enige vrou is welkom om deel van die avontuur te wees solank sy geestelik en fisiek fiks is.
Omdat die naaste mediese geriewe ver weg is, word van vroue bó 60 jaar 'n mediese sertifikaat vereis.
“Die belangrikste aspek is die gewilligheid om deel te wees van 'n span en om 'n avontuur te wil beleef.”
Die volgende Matriarge-avontuur vind van 13 tot 22 April plaas.
“Ek bied ook vanjaar vir die eerste keer 'n nuwe ekspedisie vir ma's en dogters oor die Paasnaweek aan. Dit is geïnspireer deur ma's wat deel was van die vorige Matriarge-avontuur en wat genoem het hulle wil graag met hul dogters terugkeer. My eie dogters wil ook Namibië toe kom en deel hiervan wees. Die avontuur gee vir ma's en dogters die geleentheid om gehaltetyd saam deur te bring, terwyl die dogters nog jonk is - om respek en liefde vir mekaar te kweek sonder die gejaag van die alledaagse lewe.”
• Vir meer inligting, besoek www.cathadventure.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie