Gross Barmen weer oop vir gaste
Namibia Wildlife Resorts bied weer nuwe spesiale tariewe vanaf 1 September aan met etes ingesluit.
Gross Barmen naby Okahandja wat voorheen een van Namibia Wildlife Resorts Limited (NWR) se vier kwarantyngeriewe was, is vanaf Maandag weer vir gaste oop.
NWR was die eerste gasvryheidsmaatskappy in die land om van sy oorde aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste as kwarantynfasiliteite aan te bied.
Die amptelike kwarantyngeriewe van NWR is tans die /Ai-/Ais-warmbronne en spa, Hardap en Waterberg.
“Gross Barmen wat voorheen 'n kwarantynfasiliteit was, is van die lys van kwarantyngeriewe verwyder ná talle versoeke van ons gaste. Die oord is die afgelope twee weke gedisinfekteer en het Maandag weer gaste terug verwelkom,” het mnr. Epson Kasuto, NWR se hoofbemarkingsbeampte gesê.
Gross Barmen se nuwe tariewe begin nou by N$550 per persoon, ontbyt ingesluit. NWR het sedert die Covid-19-pandemie spesiale aanbiedinge van so laag as N$600 per kamer vanaf middel Mei tot 31 Augustus aangebied om plaaslike toerisme aan te moedig.
“Ons is verheug om te sien die plaaslike mark het positief op die spesiale tariewe gereageer met sommige van ons oorde in die Etosha Nasionale Park en Sossus Dune Lodge in die Namib Naukluftpark wat besige naweke en besettings tydens die week gehad het,” lui 'n verklaring van NWR.
“Vir die afgelope vier maande het NWR verligting aan gaste in hierdie uitdagende tye gegee. Vir enige organisasie om egter volhoubaar in die huidige marktoestande te bly, moet sy tariewe van tyd tot tyd volgens sy operasionele koste aangepas word.”
Nuwe plaaslike tariewe sal vanaf 1 September aangepas word en wat tot 30 Junie 2021 geldig sal wees.
Sossus Dune Lodge, wat gewoonlik N$2 800 per persoon sonder etes kos, se tarief is nou vanaf N$1 200 per person, ontbyt en aandete ingesluit. Diegene wat Namleisure-kaarte besit, sal slegs N$1 000 per person betaal.
Okaukuejo in Etosha wat gewoonlik N$1 425 per person sonder etes beloop, kos nou vanaf N$550 per persoon met ontbyt ingesluit, en slegs N$400 per persoon vir diegene met Namleisure-kaarte.
Namibiërs wat dol is oor kamp, sal slegs N$400 per kampeerterrein vir 'n groep van vier opdok.
“Ons is verheug die spesiale aanbod van N$600 per kamer is goed deur die plaaslike mark ontvang en ons is dankbaar vir elke gas wat ons tydens die vier maande besoek het,” het die besturende direkteur van NWR, dr. Matthias Ngwangwama, gesê.
“Met elke produk of diens is daar altyd ruimte vir verbetering.
“Ná ons 'n opname by kliënte gedoen het met terugvoering van 622 respondente, het ons die kwessies geïdentifiseer waarop ons moet verbeter. Daarom het ons besluit om etes in ons nuwe plaaslike tariewe in te sluit.”
Ngwangwama het bygevoeg: “Gaste wat Popavalle of Onkoshi wil besoek, moet hulself net daar kry en ons sal vir die res sorg.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie