Grot oorstroom net ná redding
Die Australiese duikers het onthul dat die reddingspoging op die nippertjie byna in 'n ramp ontaard het.
Enkele ure nadat die laaste van die Thaise sokkerspan en hul afrigter Dinsdagaand uit die Tham Loeang-grot gered is, het die waterpompe wat die reddingswerkers ingespan het, die gees gegee.
Reddingswerkers wat nog in die grot was, moes skarrel om betyds uit te kom nadat die watervlak in die grotstelsel vinnig begin styg het.
Drie Australiese duikers wat in 'n basis in die grotstelsel was, het eers gille gehoor en toe 'n klomp kopligte wat nader kom soos reddingswerkers geskarrel het om na veiligheid te kom. Hulle was nog sowat 1,5 km diep in die grot toe die hoofpomp die gees gee.
Die Australiese duikers het onthul dat die reddingspoging op die nippertjie byna in 'n ramp ontaard het.
The Guardian berig die drie duikers was in die derde grotkamer wat as 'n basis vir die reddingspoging gebruik is.
Sowat 100 reddingswerkers, asook die dokter en die drie lede van die Thaise spesiale magte wat die seuns die laaste dae in die grot opgepas het, was daarna binne 'n uur uit die grot.
'n Video is intussen deur die Thaise regering uitgereik van agt van die seuns waar hulle in 'n hospitaalsaal van die Tsjiang Rai-hospitaal langs mekaar lê.
Die seuns het elkeen sowat 2 kg verloor terwyl hulle in die grot vasgekeer was.
Reuters berig Narongsak Osottanakorn, hoof van die reddingspoging, het op 'n nuuskonferensie gesê die seuns was net kinders toe hulle in die grot vermis geraak het en niemand kan kwalik geneem word nie.
NET KINDERS
“Die kinders het nie 'n fout gemaak nie en hulle is ook nie helde nie. Hulle is net kinders wat soos kinders opgetree het – dit was 'n ongeluk,” sê hy.
Die kinders kan tot tien dae in die hospitaal bly, waarna hulle vir nog 'n maand tuis sal moet aansterk.
Die Thaise regering het gevra dat die kinders ruimte en tyd gegun word om te herstel.
Daar is amptelik hulp aangebied deur Brittanje, Amerika, Japan, Laos, Mianmar, China en Australië.
Een van die duikers, Leandro Nicolas Gerardo, wat in Pinetown (KwaZulu-Natal) skoolgegaan het, is vanuit Suid-Afrika op die skouer geklop vir sy aandeel in die reddingspoging.
The Goodthingsguy berig Gerardo woon nou in Bangkok. Hy is in Argentinië gebore en het in Pinetown grootgeword.
Gerardo het van die voorval gehoor en verlof by die werk geneem om as 'n vrywilliger te gaan help. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie