Groter, beter Oktoberfest
Ná jare as hoofborg van die Windhoek Oktoberfest het Namibia Breweries Limited (NBL) volle eienaarskap van dié jaarlikse hoogtepunt geneem.
Die fees word op 25 en 26 Oktober by die Sportklub Windhoek (SKW) gehou.
Volgens die projekleier van die Oktoberfest, mnr. Daniel Keulder, maak hulle gereed vir meer as die 6 670 mense wat in 2018 by die fees was.
“Ons gaan 'n paar aanpassings maak om meer mense te kan akkommodeer. Een daarvan is 'n kontantlose betalingstelsel.”
Mnr. Nico Gericke, 'n feeskomiteelid, het gesê daar gaan ook vanjaar meer kosstalletjies wees.
“Die bierkroeg is met tien meter verleng en twee bykomende kroeë sal bier en ander drankies verkoop. Daar is ook 'n biersleepwa en twee keer soveel toilette as laas jaar.”
Soos in die verlede sal die bekende Duitse orkes Kirchdorfer gaste vermaak. Die Jägermeister-groep tree vir die eerste keer by die fees op. Die Schuhplattler, Die Broers en verskeie plaaslike dansgroepe sal ook vermaak verskaf.
'n Spesiale Festbier word uitsluitlik vir die Oktoberfest gebrou en sal net op die twee dae beskikbaar wees.
Pupkewitz BMW en Lufthansa in samewerking met Eurowings ondersteun die fees.
Kaartjies kan by Pick 'n Pay-winkels oraloor die land of aanlyn by Webtickets gekoop word. Dit kos N$140 per persoon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie