Groter genesing is ewe nodig
Groter genesing is ewe nodig

Groter genesing is ewe nodig

Dani Booysen
PEET VENTER (SNR) SKRYF:

Namibiërs is tans só erg gepla deur die niks tussen die spuit- en antispuit-argumente.

Een het selfs laas Vrydag verplig gevoel om ook ‘n volstruiseier vol van die tema te lê. Niks nuut om aan te herkou nie – net maar nog dieselfde menslike, tot-sat-wordens-toe argument van pro-waks en anti-waks. Moet ek my dan maar net afsluit?

Tog moet ons besef dat daar ‘n groter mag as Covid en die dood is: die Almagtige God wat ons almal geskape het. Waar’s Hy dan nou? Wie het Sy selnommer?

Ons het rede tot paniek!

Willempie sê die dodetal skreeu ten hemele! Skreeu? As dit dan so is, weet God mos as mens hard genoeg skreeu.

En toe tref dit my soos ‘n skoot: Tydens leier Geingob se eerste inswering as president was sy een hand op die Bybel* en die ander arm ten hemele opgehef toe hy sy eed afgesluit het met : "So help me, God." (Covid het toe nog nie bestaan nie.)

Die huidige, algemene toestand waarin ons land sedertdien verkeer, is egter sorgwekkend. Van die leier se ônneribles in die Ôghoest House sit selfs agter tralies. (‘n Luidsprekende geval is dié van ‘n voormalige minister van justisie, m.a.w. dié man vir reg en geregtigheid.) Saam met hom in die tjoekie is bosluis concultants en Swapo cadres wat net suig, suig en nog suig.

Tereg merk adjunkminister, me. Alixia Manombe Ncube op: “As Africans, we always have this thing of hiding things and sweeping them under the carpet, because we are afraid of talking out.”

Hage se ACC Snuifbrakkie is tandeloos en sonder ‘n reukorgaan gebore. En so kan mens uitbrei – vra maar vir Willempie.

Mag ek maar dringend vra: waar is bogenoemde Bybel* (Woord van God) nóú - en jóúne en mýne?

Nou blaai en blaai ek tussen die Bybel se bladsye – baie bewus daarvan dat dit God’s Woord is. Dit doen ek nie net vir myself nie, maar vir elke eerlike, oopkop, christelike Namibiër.

Die woord plaag/plae kom 38 keer in die Bybel voor – uitsluitlik as ‘n strafmaatreël. Volkere/mense oortree God se wette en word gestraf. Maar 2021 Human Rights word wêreldwyd tot ‘n afgod verhef en elkeen kan doen wat hy/sy wil. Ons hoef nie verder as net ons eie land te kyk nie.

En nou is Covid met ons. Is dit ‘n pes/plaag?

Die mensdom is op ‘n verkeerde voet gevang. Almal pênniek erg.

Jesus Consultants (sg. kerkleiers) is dawerend stil en rondom ons tjôp ons naastes een vir een af (byt in die stof). Volkere skarrel vir wakse.

Tans is daar net één spuit wat 100% effektief werk: Die bloed van Jesus wat gestort is aan die kruis van Golgota. Daarvoor het elke individu egter die Groot Omie Dokter se Bybelse voorskrif, BBB nodig: beken, bely, bekeer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!